Volstruispolitiek.

Ek is al beskuldig van Volstruispolitiek. Wat is Volstruispolitiek vra jy? Dis nie om ‘n draadsitter te wees nie, nee, dis meer om jou kop in die grond te druk en te maak of jy nie sien wat om jou aangaan nie. Dis my definisie in elk geval. Dis nie ontkenning van gebeurtenisse nie, maar eerder ‘n siening van ‘ek sien dit nie raak houding nie’. Ek stem natuurlik glad nie saam nie, ek sien baie goed te alle tye wat om my aangaan, in die ons mooie land, politiek en die wyer wêreld om ons.

Verskil is net ek weet ten alle tye wie is in beheer, nie die President, of NATO of enige ander persoon of instansie nie, net God. Hy is en was nog altyd in beheer. Ons vergeet dit net soms so bietjie, en dan bekommer ons weer so vir ‘n slaggie oor die dinge waaroor ons regtig, as ons eerlik met onsself is, geen beheer oor het nie. Continue reading “Volstruispolitiek.”

Pille, Brille en Oud word Dinge.

Middeljare is volgens Mnr Google tussen 40 en 60 jaar. Plus minus 10 jaar aan elke kant dit maak dit dan 50, nê? Phew dan is ek darem nog 5 jaar weg van offisiële middeljarigheid. Hoekom dink ek nou daaraan? Ousus het die ander dag dit gewaag om na my en Jannie te verwys as middeljarig? Wat? Ek weet, as sy nader was het ek haar met een veeg van haar voete afgeklap. Kleinsus weer het so week of terug albums deur gegaan op soek na ‘n baba foto van haarself. So kom sy af op ons jongmens en trou foto’s. Sy sê nogals ewe onskuldig… sjoe mamma WAS beautiful toe mamma jonk was. Verlede tyd, vervloëe dae se dinge. Continue reading “Pille, Brille en Oud word Dinge.”

‘n Windskeef Kroon vir die Dogter van die Koning.

Liewe vriendin, ek moet bieg, die afgelope week of twee was effe rof, ek kan nie presies sê wat dit so erg gemaak het nie, wat ek wel kan sê is dat ek in hierdie tyd bietjie vergeet het wie ek is. Die reine waarheid is dat ek ‘n hele paar oggende vergeet het om my kroon op te sit voor ek by die deur uitgestorm het, die oggende wat ek dit wel onthou het was my kroon onseremonieel, windskeef op my kop opgedruk. Dis so goed jy hardloop poedel-nakend kaal by die deur uit, anders, maar baie dieselfde, veral in die geestelike realm.

Hoe gebeur dit dat mens ewe skielik vergeet wie jy is? Jy luister na die leuens van die Vyand, dis wat, nog erger, jy begin selfs glo wat hy alles oor jou en van jou te sê het. Ai! Continue reading “‘n Windskeef Kroon vir die Dogter van die Koning.”