
For tremendous power is released through the passionate, heartfelt prayer of a godly believer. (James 5:16 TPT) At each and every sunrise you will hear my voice as I prepare my sacrifice of prayer to you. Every morning I lay out the pieces of my life on the altar and wait for your fire to fall upon my heart. (Ps. 5:3 TPT) Out of my deep anguish and pain I prayed, and God, you helped me as a father. You came to my rescue and broke open the way into a beautiful and broad place. (Ps. 118:5 TPT)
Vriendin, het jy al gehoor? En gits ek myself is skuldig! Wanneer dinge nie lekker gaan nie, wanneer die mat onder ons voete uitgepluk word en ons op die naat van ons rug val, wanneer die lewe ons so hard klap dat ons nie eens weet of ons kom en of ons gaan nie… dan sê ons so mooi en vroom en ons skud ons koppies meewarig en sê: “Al wat nou oorbly is om te bid…” Is jy ook skuldig? Continue reading “Veg op jou Knieknoppe.”

Die ander dag, ook al ‘n rukkie terug, ry ons as gesin iewers heen. Ek kan nie onthou waaroor die gesprek gegaan het nie, maar Ousus sê hier van agter af baie driftig eintlik, sy kan nie wag om uit die huis uit te gaan nie. Dit gaan so lekker wees. Die probleem is met ‘n ma se hart ons luister, hoor en interpreteer absoluut met ons harte. Dis al wat ons hoor, en ek vererg myself so klein bietjie, ek is nie ‘n ou wat vinnig op my perdjie spring nie, maar ek voel so bietjie te na gekom.