Dinge van die Hart.

Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike. (1 Sam. 16:9)

Hoe lyk die kondisie van my en jou hart liewe vriendin? Soos ons na die fisieke hart omsien is dit ook nodig om na ons geestelike harte om te sien. Dis so belangrik om te weet wat in ons harte hoort, en wat ons nooit ooit daar moet toelaat nie. Jou hart is deur God geskape om lief te hê, sodat Sy vrede ‘n permanente rusplek daar kan kry, sodat jy hier op aarde al ‘n stukkie van die hemel kan leef en beleef.

Ek hou daarvan om verse in my hart te bewaar, want wanneer my hart nie lekker voel nie gebruik Vader juis die gebergde Woorde om my te vertroos, in lyn te trek en regop staan te maak. Die Woord van God kom nooit leeg terug nie. Continue reading “Dinge van die Hart.”

Genade.

Hoe diep U genade my Here en my God, hoe sal ek en my menslike denke dit ooit kan verstaan of begryp? U genade is soos salf vir my siel, soos die bloed in my are, soos die lewensasem in my longe. ‘n Verband vir my gebroke menslike siel. Sonder U genade is ek niks. U wat gister en vandag dieselfde is, en tot in ewigheid. Dankie tog dat U nog altyd my hart deur  genade versterk het. (Heb. 13:8-9)

U genade was nog altyd vir my genoeg. U genade hou my aan die lewe, maar bowenal hou U genade my regop elke liewe dag. Here, as ek soms wonder oor genade, U genade, dan kan ek maar net terug hardloop na die kruis, kan ek net met afgryse staar na die genade-gate in U hande en voete. Loop genade onverdiend by die wond uit U sy uit. Want U het my naam in U handpalms gegraveer. (Jes. 49:16) Pynlik, bloederig is my naam in U Goddelike hande gegraveer. Continue reading “Genade.”

Die dag toe ek ampertjies die bus gemis het…

Net na skool is ek fort KOVSIES toe met ‘n plan. Ek sou 4 jaar leer, my graad verwerf en terug gaan huis toe. Eenvoudig. Wat kan nou moontlik fout gaan met so eenvoudige plan? Behalwe as God se plan vir my lewe effe anders daarna uitsien…

Varsity was nie so opwindend en lekker soos ek gedink het dit gaan wees nie! Ek was huis siek. Het na my ma en my tweeling sussie verlang. Dag en nag. So tussen die verlang stuur God vir my ‘n Ridder op ‘n witperd… en ampertjies herken ek hom glad nie en dit nadat ek nogals so ewe plegtig vir hom gebid het en my bestelling na Bo geplaas het. Continue reading “Die dag toe ek ampertjies die bus gemis het…”