God is ‘n Koelteboom

 

Ek het iemand eenkeer hoor sê: God is ‘n Koelteboom. En dit het my vir weke bygebly. Ek het al gesê ek hou baie van bome, nou soek ek ‘n voorbeeld van ‘n boom wat ek dink ‘n goeie instaan boom kan wees van God se goedheid en guns. ‘n Boom wat uitskree… God is my skuiling en my behoud.

‘n Silver birch is besonders en my gunsteling boom, met sy stam wat ek nie anders kan nie, maar net aan wil vat. Dan is daar ‘n Baobab, ‘n pragtige boom wat kompleet lyk of  Vader hom onderste-bo geplant het.

Die apiesdoring wat peule afgooi en dorings het, of die koorsboom met sy groen, poeieragtige stam… weet jy waar het die koorsboom sy naam vandaan gekry? Toetertyd se mense het geglo die boom maak jou siek en veroorsaak koors, later het hulle agtergekom dat koorsbome groei in gebiede wat malaria het. Misterie opgelos… Continue reading “God is ‘n Koelteboom”

Die Storie van die pêrel.

In die wye oseaan, op die rotsagtige bodem, klou ‘n oester verbete vas vir lewe en vir dood. Hy weet nie wat verkeerd gegaan het met die vorige filter voeding nie, maar dit voel kompleet asof iets agter gebly het, en nou vassit… ‘n irritasie wat hy nie kan beskryf nie. Hy probeer nog water deur filter, oor en oor, weer en weer, maar helaas die irritasie het gekom om te bly. Dis nou al iewers tussen twee en drie jaar se irritasie waarvan hy net nie ontslae kan raak nie. Dit voel kompleet of die irritasie al gladder en ronder raak… en defnitief groter…Maar wat die Oester nie weet nie, in sy mantelholte het die mooiste pêrel gevorm. Die irritasie en ongemak het verander in ‘n pêrel, maar hiervan het hy nie lekker verstaan nie. Ongemak het skoonheid geword.

Die oester het meer as eenkeer probeer ontslaan raak van die irritasie, Hy het selfs na God gedraai, want hy het nie verstaan wat aan die gebeur is nie, dit kan mos nie die plan wees waarvan Jeremiah 29:11 praat nie? Toe die Oester die eerste keer bewus raak van die pêrel was hy stom-verbaas… Die pêrel se skoonheid het sy asem weggeslaan… nou wou hy haar ten alle koste beskerm… die kosbaarheid en die reinheid… Continue reading “Die Storie van die pêrel.”

In die Woestyn.

Ek weet die volgende van ‘n woestyn: dis warm, sanderig en ongemaklik. Ek raak sommer dors as ek net aan ‘n woestyn dink, maar dis ook mooi, Namibië met sy eindelose duine, Sossusvlei met sy dooie-boom woud wat getuig van uithouvermoë en genade onbeskryflik groot. Daar is min woorde wat die mooiheid van die niksheid kan beskryf.

Soms, wanneer ons ons oë uitvee bevind ons onsself pens en pootjies in die spreekwoordelike woestyn, of ek en jy bevind ons op die rand van die woestyn, en daar is geen keuse nie, dis deur die woestyn, geen kortpad, ompad nie. Die beste wat ons voor kan hoop is lafenis in ‘n onverwagse oase in die woestyn.

Een ding weet ek verseker van ‘n woestyn belewenis, dis wanneer my ore en oë die oopste is, wanneer ek My Verlosser die duidelikste hoor en sien. Vraag? Gaan jy die God van die hemel en die aarde toelaat om jou te versorg in die woestyn? Hom toelaat om jou hart te genees, jou geseslskap te hou in jou woestyn? God se natuur is voorsiening… Ek het jou in die woestyn gevind, opgeraap, omhels en vertroetel. Ek sal jou versorg, want jy is die appel van My oog. (Deut. 32:10) Continue reading “In die Woestyn.”