‘n Bederfie uit die Hemel.

Ek is op ‘n reis, van beter eet, vir beter gesondheid, maar ook ‘n reis waar ek God se aangesig soek, waar ek vrae vra, bagasie aflaai. Ag sommer ‘n voorraadopname van my lewe neem, my gesondheid en al daai lekker dinge. Dis nie ‘n maklike reis nie, veral die eerste paar dae van gewoond raak aan nuwe, gesonder opsies… jy weet waarvan ek praat. Nuut is altyd ongemaklik, nuut is selfs soms moeilik.

Ek stap Dinsdag uit die gym, nat gesweet en moeg. Ek val sommer by Pick ‘n Pay in, want nader is altyd beter. En jy weet mos, soms voel jy mos net, jy kort ietsie om jou te laat beter voel… maar kos en swiets en koek is mos nou nie eers ‘n amperse opsie nie, en ek dink by myself, vlietend, miskien moet ek vir my nog ‘n plantjie koop.

Vriendin, ek het ‘n swakheid vir plante, dit lyk al ampertjies soos ‘n kwekery hier binne my huis, dis net vir my so mooi, en groen, en lewendig. Ietsie wat ek na kan kyk, en versorg. Ek is altyd doodbekommerd as ons Desember maande op vakansie gaan… Continue reading “‘n Bederfie uit die Hemel.”

Die storie van die Diamant.

Eendag, lank lank gelede was daar diep diep onder die grond ‘n stukkie koolstof, sy was nie gelukkig nie, maar ook nie juis ongelukkig nie… maar sy het altyd gehoop, gedink, gewonder of sy nie meer behoort te wees nie. Sy het met God hieroor gepraat… en ja werklikwaar daar was meer, God het haar belowe, Hy, wat goed is, sal haar nooit begewe of verlaat nie.

Soos die tyd aanbeweeg, baie baie tyd, en die druk van die lewe haar ampertjies onder kry, druk sy deur en sy hou vas aan die soom van Jesus. Omdat sy diep onder die aardkors bly, is dit warm, amper te warm. En sy ‘suffer’ soos die Engelsman sê, en dis warm en die druk hou net eenvoudig nooit op nie, maar tussen die ongemak en pyn, bly sy altyd bewus van Hom wat haar regterhand styf in Syne vashou! Continue reading “Die storie van die Diamant.”

Die Storie van die Boom.

Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na U WIL, nie in die steek nie. (Ps. 9:10-11)

Op die vlakte, tussen sand en stof, in die Suide van Namibië staan ‘n boom tussen êrens en nêrens. Die Boom vertel ‘n storie van swaakry, uithou, aanhou en oorwinning. Van ver af is dit ‘n pragtige boom, ‘n boom wat jy wil verewig op kamera, maar soos jy nader stap en wil kennis maak met die boom, vertel die boom ‘n heel ander storie.

‘n Storie van seer, dood en struikeling. In die middel van die boom groei ‘n dooie tak ‘n halwe meter bo die top van die boom uit, die stam ‘n stille getuienis van intense seerkry, en selfs, gedeeltelike dood. Sien vriendin, hier in die woestynagtigheid moes hierdie boom kies… lewe of dood. Die keuse om te lewe en te floreer ten spyte van woestyn omstandighede is soms moeilik. Die besluit om kop op te tel en voort te beur in geloof, en vertroue. Om te blom ten spyte van ongunstige omstandighede. Continue reading “Die Storie van die Boom.”