Een van my GROOTSTE vrese.

If the Lord be with us, we have no cause of fear. His eye is upon us, His arm over us, His ear open to our prayer – His grace sufficient, His promise unchangeable. (John Newton)

Ek het so klein lysie van goedjies wat ek vrees, darem nie ‘n ellelange lys nie, nietemin ek gaan nou nie my vrese met jou deel nie, maar kom ek sê net: ek het nogals ‘n gesonde vrees vir ‘n vieslike groot, lewendige, rooi-groenerige springkaan. Hulle is nie vir my mooi nie, net vreesaanjaend. ‘n Ander vrees wat ek het, is om in ‘n publieke toilet vas te sit… en sal jy nou vir my glo as ek sê: ek het die ander oggend in die Virgin Active se tweede toilet van die deur af vasgesit?

En dis nie vir onderdeur kruip en ontsnap nie… ek haal ‘n paar keer diep asem en wag net vir my brein om te begin brein na die aanvanklike groot skrik. Ek wag vir my superkrag van kalmte van gees om in te skop. Skree gaan ek beslis nie, dis net eenvoudig nie my styl nie. Ek stuur vir manlief ‘n boodskappie, en natuurlik wil hy my net te hulp snel… om die deur af te skop… ai die sterk ridders op wit perde van ons darem. Continue reading “Een van my GROOTSTE vrese.”

Oppie Water.

Kan ons op water loop? En die antwoord is inderdaad nee, ons kan nie. Twee slim fisikuste, Glasheen en McMahon het uitgewerk dat as ‘n mens teen 108km/h hardloop met bene twee keer soos groot soos die waarmee ons uitgereik is, doer daar in die begin met geboorte, dan is dit moontlik.

Maar nou lyk ons bene soos dit lyk, en ons kan verseker nie so vinnig hardloop nie. Jannie sê in elk geval die enigste verskil tussen my stadig en vinnig hardloop is my gesigsuitdrukking! So die kans dat ek op water loop is seker dan nog skraler… Hoekom verveel ek jou met die brokkie nuttelose inligting?

Sien, hier is die ding waaroor ek wonder… kyk in Matteus 14:22-33 loop Jesus op die water, en dan steek Petrus sy hand op, hy wil ook… en dis waar dinge interessant raak, hy loop tog ‘n stukkie op water, maar dan skop sy brein en denkprosesse in, want sjoe die golwe om hom is groot, en dan verdamp sy dapperheid en geloof in Jesus en hy begin sink… Continue reading “Oppie Water.”

Angstigheid en Jesus.

Ek is altyd versigtig vir self-diagnoses… so ek ly nie aan angstigheid nie, maar soms, vir ‘n seisoen, of deur ‘n lewensstorm ervaar ons mos almal tog ‘n bietjie angs. Eintlik is dit meer angstige gedagtes waarmee ek en jy sukkel en oor struikel!

When my busy thoughts were out of control, the soothing comfort of your presence calmed me down and overwhelmed me with delight. (Ps. 94:19 TPT)

Ons besige gedagtes lei na ‘n oordinkery, ‘n heen en weer gedinkery. (Dis nou die bobbejane wat agter die berge gehaal word, almal van hulle, die hele familie. Kleintjies, oues, tieners… ALMAL. En natuurlik al die wat asse en sê nou maars…) en ‘overthinking’ lei na… jip jy het reg geraai… angs. Lekker bose kringlopie waarin ek en jy ons selwers bevind en mee besig hou.

As jy oor iets wil dink, oordink… bepeins die volgende… God is in beheer! Jou lewe is in Sy almagtige hande. Hy slaap nie, Hy sluimer nie. Hy ken jou op die naam, selfs die hare op jou kop is getel… met JOU is Hy welbekend! Continue reading “Angstigheid en Jesus.”