Ek’s ‘n Dapper Muis.

Waarvoor is jy bang? Ons almal is bang vir iets, of soms vir ‘n paar ietse. Baie soos die Dapper muis. Ons is vir niks bang nie, behalwe… en hoe langer ons dink hoe langer raak die lysie. Waar kom vrees vandaan? Ek is nie heeltemal seker waar vrees vandaan kom nie, maar ek weet verseker waar vrees NIE vandaan kom NIE. For God will never give you the spirit of fear, but the Holy Spirit who gives you mighty power, love, and self-control. (2 Tim. 1:7 Passion Translation) So in die plek van vrees gee God ons krag, liefde en selfbeheersing.

My definisie van vrees is om vir iets bang te wees wat heel waarskynlik nooit sal gebeur nie, om in konstante vrees te leef oor dinge waaroor jy absoluut geen beheer het nie. Kan die dinge wat jy vrees moontlik met jou gebeur?  Moontlik. My vraag is kan mens vir 80 jaar van jou lewe in vrees lewe vir die 5% moontlikheid dat dit wel met jou kan gebeur? Continue reading “Ek’s ‘n Dapper Muis.”

Vreesbevange Mens

My hande hang slap, my knieë knik. Ek het moed verloor. (Is. 35:3-4) Waarom staan U so ver weg, Here? (Ps. 10:1) Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur U krag. (Ps. 54:3)

Moenie bang wees nie. Ek sorg vir die mossies, hoeveel te meer sal Ek nie vir jou, My liefling-kind, sorg nie? (Matt. 10:31) Stel jou vertroue in My, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie! Wat kan ‘n mens aan jou doen? (Ps. 56:12) Ek beskerm die wat My Naam liefhet, Ek beskerm jou. (Ps. 5:12)

Jy lewe deur die Gees, laat die Gees dan jou gedrag bepaal. (Gal. 5:25) Lewe volgens die vrug van die Gees: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal. 5:22-23) Die Gees wat ek jou gegee het, laat jou nie meer in vrees lewe nie. (Rom. 8:15) Néé, wie My dien se lewe is veilig, so ‘n mens slaap rustig. (Spr. 19:23) Continue reading “Vreesbevange Mens”