Die Kat kom Weer…

Vroeër die jaar is ons Jack Russel van 13 jaar oorlede. Grietjie was ‘n goeie maat, veral vir kleinsus. Daar was ‘n band tussen die twee, ‘n kameraadskap. Vanaf Januarie het Grietjie se gesondheid net begin verswak, teen Maart was sy heeltemal blind. Ek wou regtig gehad het sy moet saam met kleinsus haar matriekjaar deursien. Soms word ons gebede net eenvoudig nie beantwoord soos ons gehoop of gebid het nie.

‘n Jaar of wat terug het ons nuwe bure gekry met ‘n nuuskierige kat. Soos dit gaan met katte en honde, het Grietjie en Lily nie oor die weg gekom nie. Lily het soms ‘n draai gemaak… maar dit was kort en skelmpies.

Die dag voor kleinsus se 18de verjaarsdag is Grietjie oorlede, ai wat ‘n droewige dag. Kleinsus se hart was stukkend, ons almal sin eintlik, maar kleinsus sin veral. Ek en Jannie het toe reeds lankal besluit om nie weer ‘n diertjie te kry nie. En nou is mens in twee geskeur, oor hierdie kind van jou met die gebreekte hart, en die regtig nie kans sien vir nog ‘n hond nie. Continue reading “Die Kat kom Weer…”

Maar WAT AS…

Sê nou maar net! Maar WAT AS… dis sinsnedes soos hierdie wat maak dat jou gedagtes in krulle en draaie en spirale inhol. Geen begin, geen einde, geen uitkoms, geen antwoorde.

Weet jy hoekom ons so graag hierdie twee sinsnedes gebruik, want ons dink (verkeerdelik) ons is in beheer. Ons dink verkeerdelik deur om daaroor te tob, te wonder, te bekommer, gaan ons antwoorde en oplossings kry… ons gaan nie! Wanneer die antwoorde ontbreek… veroorsaak dit net ‘n klomp angs. Die realiteit is dat elke sê-nou-maar en wat-as in môre lê. En dan gaan haal ons die bobbejane agter die berge uit… en dis hulle wat ons so op hol jaag! Continue reading “Maar WAT AS…”

‘n Bang Mossie.

As jy met jou lewensverhaal die ruimte van die liefde van God binnegaan, staan daar op die deur van die ruimte: “Vrees verbode!”. (Karl Barth)

Ek is die anderdag alleen by die huis, ek hoor iets, ek sien Grietjie, die dowe, kan net deur een ogie sien Jack Russell, sit kiertsregop. Maar niks… paar minute later hoor ek weer iets en ek loop na die oop voordeur om net seker te maak als is wel.

Met die omdraai-slag sien ek die oorsaak van die geluid. ‘n Bevreesde baba Mossie het sy rigting verloor en in die huis in gevlieg. Nou kyk ek is baie lief vir alle diertjies en dingetjies, maar ‘n geveerde vriendjie, hulle lê besonders naby aan my hart. Nou wil ek die ou dingetjie vang voor hy hom disnis teen die venster vlieg, wat ek vermoed die oorsaak was van die eerste twee harde geluide. Continue reading “‘n Bang Mossie.”