Jesus in die Verandering.

Het ek al gesê ek hou nie van verandering nie? Ek hou van standvastigheid, roetine en orde, dit is die afmetings waarbinne ek veilig voel. Ek weet ek weet, verandering is soos ‘n vakansie…

Verandering is soms nodig, maar nie noodwendig lekker nie. Ek weet wel dat verandering meermale groei beteken, en jy leer meer wysheid, soms geduld en soms selfs goedjies van jouself wat jy nie eers geweet het daar diep binne wegkruip nie.

En dis ook nou nie asof ons nie al bietjie oefening gehad het in die hele veranderings-tema nie. Ons het al twee maal na splinternuwe provinsies getrek, maar die begin van die jaar het sy eie uitdagings en veranderings meegebring, en dis al verby Maart en dit voel of ek nog my voete moet vind. Continue reading “Jesus in die Verandering.”