Ek en manlief hou van stap, sommer so tussen die huise deur, dis te stadig vir oefen so dis seker eintlik meer vir suurstof en geselstyd. Ek hou daarvan om wanneer ons verby lavender stap ‘n blommetjie te kneus dan loop en ruik ek dit so tussen die gesels, of ‘n peperboom… of frangipani… of roosmaryn…
Jy weet vriendin, as die blommetjie, takkie of blaartjie nie geknak en gekneus word nie, word die reuk nie vrygestel nie… Olyfolie word gemaak deur heel olywe te pars. Selfde met wyn. Is dit nie soms in ons lewens ook so nie? Continue reading “Geknak en Gekneus.”

Ek weet nou nie van jou nie, maar my man dra nie bosse blomme aan huis toe nie. Ek het darem al twee keer blomme by hom gekry, met Baba 1 en met Baba 2. (Moenie wag vir die grappie deel nie, ek is ernstig!!) Dit maak hom nie onromanties nie, hy is romanties op ander maniere. Soos tee in die bed in die oggend voor ons albei moet opvlieg en klaar maak vir die dag. Baie drukkies, en onverwagse Whatsapps deur die dag, en woorde wat opbou nooit afbreek nie… en so dan en wan ‘n geskenk so uit die bloute soos die lewerplantjie wat hy in Nieuwoudtville se kwekery gekoop het oppad terug van ‘n vergadering.