Die Belangrikste Eksamen OOIT…

Daar is ‘n versie wat sê jy moenie jou kinders moedeloos maak nie, ek dink die versie is seker vir my geskryf of dan ten minste vir my bedoel. En vaders, (en defnitief ek ook) moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig  word nie. (Ef. 6:4)

Die anderdag gesels ek en kleinsus  oor die druk wat mens onwetend op jouself sit, prestasie en al daai gesprekkies wat ons deurlopend met ons kindertjies moet hê en ek sê vir haar: “Sussie, ons moet net altyd fokus en onthou wat die belangrikste eksamen ooit in ons lewe is!”, en sy kyk my so aan en sê vir my: “Mamma, moet net nie weer kom met die hemel ding nie!” Ek moes lag… sien moedeloos die kinders van my… ek sê toe vir haar ek wou eintlik gesê het Graad 11 se eindeksamen, dis die belangrikste eksamen ooit. Ek moes toe maar lag vir die ernstige gesiggie voor my. Continue reading “Die Belangrikste Eksamen OOIT…”

Die Dierbare, Klein Jakkalsies.

Hulle sê dis die klein Jakkalsies wat die wingerd verniel en nou praat ek spesifiek van huwelike, nê? So, in dieselfde asem, as dit die klein goedjies is wat ons huwelik verniel is dit nie ook die klein goedjies, die klein gebare en probeer wat ons huwelike aanmekaar kan hou nie?

Ek wil vanoggend voor ek enigsins iets verder sê of skryf net ‘n klein ‘disclaimertjie’ ingooi wat huwelike aanbetref. Ek is op geen manier ‘n spesialis op die gebied van huwelike nie, eintlik ver daarvan. Ek skryf maar wat ek sien en beleef in my eie huwelik, en huwelike om my. Die ander dingetjie wat ek noodgedwonge moet en wil sê, en gaan sê is… as jy my liewe vriendin met iemand getroud is, wat jou die een dag opbou net om jou die volgende dag tot in die grond te verneder, as jou man aan jou stamp en klap is dit nie normaal of reg nie, dan is die stukkies wat ek oor huwelik skryf nooit op jou van toepassing nie. Continue reading “Die Dierbare, Klein Jakkalsies.”

Genade vir ‘n Ma.

Kom ek skinder bietjie van jou ma, nee miskien ken ek haar nie persoonlik nie, maar luister alle mammas is maar dieselfde aanmekaar gesit. So min of meer. Jou ma was ook eens op ‘n tyd ‘n tiener… jip, kan jy dit in jou lewe oorvertel! Ons as mammas ly net soms so bietjie aan geheueverlies, ons vergeet so met tyd hoe moeilik dit was om tiener te wees, hoe ons soms deurmekaar gevoel het, soms hartseer, soms kwaad, baie alleen met ‘n gevoel dat niemand ons regtig verstaan nie. Voel jy soms so bietjie so sussie?

Ek wil jou nog ‘n geheim vertel van jou ma wat so gedurig op jou ‘case’ is, jy is haar hart wat buitekant rondloop. Regtig! Eers het sy jou onder haar hart rond gedra vir nege lange maande, toe moet sy gewoond raak aan jou buite haar en nie binne haar, maar haar hart was nooit weer dieselfde nie. ‘n Groot deel van haar hart het jy saam met jou geneem toe jy uitklim, ‘n deeltjie is altyd bekommerd oor jou… al is jy die soetste kind wat jyself ken. ‘n Deeltjie van haar hart behoort vir altyd net aan jou. Continue reading “Genade vir ‘n Ma.”