Die Alewige Gedagtes…

Ek het mos nou al paar keer gesê my kop is altyd besig met alles en nog wat. Die binnekant van my kop lyk seer sekerlik soos ‘n doolhoof, ‘n mens kan lekker gaan staan en verdwaal daarbinne. Gits, ek verdwaal soms self daarbinne. Nietemin, die ander dag sit en wonder en peins ek so bietjie oor gedagtes. Wat ons dink? Hoekom dink ons soos ons dink, wat gaan in daardie mooi koppie van jou en my aan?

God gee toe vir my hierdie mooi beeld van ‘n vrou wat staan en vrugte sorteer op ‘n vervoerband. Soos die vrugte verby kom pluk sy die vrot vrugte en die minder mooi, vrugte met merkies op, uit. Die mooi vrugte los sy dat dié verder af op die vervoerband in stewige boksies verpak word, reg vir die afset na die verskillende winkels of selfs oorsee. So wanneer jy die sakkie vrugte by Pick ‘n Pay koop, dan kry jy selde ‘n vrot vrug daarin, want dit is mos klaar gesorteer. Continue reading “Die Alewige Gedagtes…”

Die Hel.

Ons gesin was onlangs bietjie na  Die Hel,  ek is baie bly om te rapporteer dat dit nie die warm plekkie is nie, maar eerder die ene geleë in die Gamkaskloof, deel van die Swartberg bergreeks. Ek hoor dit raak baie warm daar, maar dit was mos nou meer na die einde van die winter se koers, so dit was heel matig in Die Hel, en mooi… dis baie mooi daar. Daar is hope fynbos, maar die paadjie soontoe is lank en nou, jy moet nou asb nie met jou Polo Die Hel gaan soek nie.

Op pad na Die Hel toe was eintlik heel lekker, want sien ek was nie die bestuurder nie so ek het aan die veilige kant gesit. So met die soontoe was ek salig onbewus van die afgronde en toon omkrul steil kranse… en dis nou nie van lekker kry nie! Continue reading “Die Hel.”

Liewe Bekommerde Mamma,

Ag my liewe vriendin, is dit nie so dat ons maar altyd oor ons kindertjies bekommerd is nie? So baie van ons is op ‘n ongemaklike groeifase van kinders grootmaak. Ek ken so baie Mammas wat hierdie jaar kids het wat klaar is met skool wat die grootmens/studente lewe met mag en krag aanpak. Of daar is kids wat nog by die huis sit ‘n jaar of drie na skool wat nie lekker kan rigting kry nie. Ander is weer naby klaar geswot… en wat nou verder. Waar gaan hulle werk, waar gaan hulle woon. Baie Mammas navigeer die onbekende pad van: nie-weet-nie. En die nie-weet-nie sit nie altyd so lekker hier in die binneste nie.

My girls is die jaar begin en einde van Hoërskool, soms is dit ongemaklik. Ek probeer om nie te veel daaroor te tob en te wonder nie. Ek gaan hierdie jaar net vat soos hy kom, doen wat ek kan, my beste… niks meer nie en niks minder nie. Net een dag op ‘n slag. Nie te veel in die toekoms lewe nie, ek is altyd so bang as mens die heeltyd met die wat asse en die sê nou maars stoei dat jy die hier en nou skoon mis leef. Dat jy die laaste kosbare tye saam met jou kinders laat verby waai. Continue reading “Liewe Bekommerde Mamma,”