Waar GENADE aan Tafel sit.

Ek loop nou al langer as ‘n week met die Lukas 7:36–50 verhaal van die sondige vrou wat Jesus se voete met haar trane was en salf, in my hart. En ek wonder: Hoekom?

Hierdie gebeurtenis speel af in Simon se huis om ‘n etenstafel. Die rolspelers in hierdie verhaal is:

Jesus die Verlosser.
Die Naamlose, sondige vrou wat die Verlosser liefhet,
Simon die Fariseër, met ‘n hart vol oordeel en hoogmoed.
Die gaste wat alles oopmond aanskou. Continue reading “Waar GENADE aan Tafel sit.”

Ma van die Jaar.

There’s no way to be a perfect mother, and a million ways to be a good one. (J Churchill)

Hierdie stukkie het ek ‘n paar jare terug geskryf, en ek het dit so bietjie afgestof, want ek dink ons mammas moet meer as gereeld hoor: Dis OKAY as jy nie perfek is nie… geen ma is perfek nie!

Kleinsus was nog iewers in die laerskool toe ek haar een oggend skool toe vat. Ons is nie laat nie, ons is nie gejaag nie, ons is net lekker. Hier voor my trek ‘n groot voertuig met ‘n ruk op die sypaadjie op en daar vlieg ‘n mamma uit, maar sy is nie vies nie, sy is nie kwaad nie… sy is woedend. Sy gooi haar kinders se tasse op die sypaadjie, klim terug en ry weg… sonder ‘n baai, ‘n drukkie… en die ou dogtertjie loop so skrams verby ons en die gesiggie is besmeer met trane… en ewe skielik voel ek sommer ook na huil… Continue reading “Ma van die Jaar.”

Die Spreuke 31-Vrou se Geheim…

Opgedra aan my twee pragtige dogters.👑👑

Hande op… wie sal nie omgee om vergelyk te word met die Spreuke 31 vrou  nie? Sjoe, daar word darem mooi goete van haar en vir haar gesê! Maar ook terselftertyd voel mens al moeg, vir haar part hier by vers 17, en miskien kan mens dit nie verhelp dat die vergelyk-gogga sommer al vroeg-vroeg sy kop uitsteek nie… want regtig, wie kan ooit soos sy wees?

Miskien mis ons die punt? Miskien dra sy ‘n geheim in haar hart rond, wat sy eintlik vreeslik graag met my en jou wil deel? Ek het bietjie saam met haar gekuier, sommer in ‘n klomp vertalings… dis die moeite werd om bietjie by haar te sit en net te wonder, wat op aarde is haar geheim? Continue reading “Die Spreuke 31-Vrou se Geheim…”