Maar WAT AS…

Sê nou maar net! Maar WAT AS… dis sinsnedes soos hierdie wat maak dat jou gedagtes in krulle en draaie en spirale inhol. Geen begin, geen einde, geen uitkoms, geen antwoorde.

Weet jy hoekom ons so graag hierdie twee sinsnedes gebruik, want ons dink (verkeerdelik) ons is in beheer. Ons dink verkeerdelik deur om daaroor te tob, te wonder, te bekommer, gaan ons antwoorde en oplossings kry… ons gaan nie! Wanneer die antwoorde ontbreek… veroorsaak dit net ‘n klomp angs. Die realiteit is dat elke sê-nou-maar en wat-as in môre lê. En dan gaan haal ons die bobbejane agter die berge uit… en dis hulle wat ons so op hol jaag! Continue reading “Maar WAT AS…”

Gebed van ‘n Matriekmamma.

 

Liewe vriendin, hierdie gebed is sommer vir alle eksamens, wanneer die eksamen tyd jou asem en vrede wil steel, wanneer dit té besig raak en jy baie bid. (Meer as huis skoonmaak, stryk en kosmaak gekombineerd!)

Liewe Heer,

Hier is ons nou, die laaste jaar van al die jare van skoolgaan. Hoe het dit gebeur Heer? Dat die tyd so onder ons uitgehardloop het? Ek onthou nog goed die babatyd, toe sy knus en veilig op my bors kon slaap. Die kleurvolle kleuterjare en die baie blinkertjies wat ek oral moes opsuig in die huis, ek onthou van die tweens, en die wíl grootword en die strewe na klein stukkies onafhanklikheid, van kunsprente teen die yskas, padpatrollies, wag voor die dansklas, die eerste sokkie en dan die Hoërskool jare wat soos ‘n gedagte verbygegaan het. Continue reading “Gebed van ‘n Matriekmamma.”

Is Ek ‘n Goeie Ma?

Ek het al gewonder oor hierdie vraag, en sekerlik jy ook? ‘n Goeie ma vra die vraag, want ‘n goeie ma weet daar is altyd spasie vir verbetering.

Dis vir my soms vreesaanjaend om ‘n mamma te wees, regtig! As ouers het ons eenvoudig nie altyd die antwoord, of die perfekte raad, of genoeg wysheid nie. Wat ons wel weet is dat die verantwoordelikheid van ma-wees vierkantig op ons skouers rus.

Met hierdie stukkie het ek besluit om my ore toe te druk vir die wêreld en sy opinie van hoe ‘n goeie ma behoort te lyk, te doen, te praat, op te tree. Ek het gereik na die Handleiding van die lewe. Continue reading “Is Ek ‘n Goeie Ma?”