Jesus Min My!

As ek my weer kon kry dan het my kop iewers by ‘n liedjie loop vassteek!

Jesus min my salig lot
Dit leer my die Woord van God
Al is ek ook swak en blind,
Nogtans noem Hy my Sy kind

Ja, Jesus Min My!
Ja, Jesus Min My!
Ja, Jesus Min My!
Ek weet dit uit God’s Woord.

Ek gaan kyk toe wat sê die verklarende woordeboek oor die werkwoordjie min, en weet jy wat staan daar? Ww. (gemin). (verh.) Liefhê; bemin: Jesus min my. So tot die verklarende woordeboek weet, ons dien ‘n God wat ons min.

Ek loop en wonder toe sommer… hoe lyk dit as Jesus My, sondige mens, min? Hoe voel ek dit aan my lyf, hoe sien ek dit in my lewe, daar waar die tekkie die teerpad tref? Wat beteken dit om gemin of eerder bemin te word deur die God van die heelal?

Continue reading “Jesus Min My!”

Doen wat jy kan…

Doen wat jy kan… En God sal doen wat jy nie kan nie, niks is vir Hom ontmoontlik nie, niks is vir Hom te moeilik nie.

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” (Matt. 19:26) NIKS is vir God onmoontlik nie. (Luk. 1:37)

Weet jy wat is soms ‘n probleem my liewe vriendin? Soms net vir ‘n moment van asem ophou, van in die midde van die woestyn wees, van raadop, moedeloos, magteloos wees, vergeet ek en jy WIE HY is. Vergeet ons Hy is die God van wonderwerke, van die onmoontlike. Vergeet ons heeltemal van die versie wat skree: Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee. (Filip. 4:13) Continue reading “Doen wat jy kan…”

Jy in jou Klein Hoekie…

En ek in myn. Dit is die enigste reëltjie wat vir dae in my kop gekuier het, al wat ek kon onthou, was dat dit ‘n kinderkrans liedjie was van vervloë se dae. Ek onthou baie goed, kinderkrans was op ‘n Vrydagmiddag half drie en die koster-tannie het ons met ‘n bussie kom haal…My man het net sy kop geskud toe ek die liedjie probeer sing, dis ‘n Oos Kaap ding sê hy.

Uiteindelik kan ek dit toe nie meer hou nie! En ek vind die liedjie… jy moet net lank genoeg soek

Laat ons skyn vir Jesus
Met ‘n helder glans
Skitter soos die sterre aan die Hemeltrans
In die donker wêreld,
Skyn dan, skyn-
Jy in jou klein hoekie
En ek is myn.
Continue reading “Jy in jou Klein Hoekie…”