
Is jy ‘n prentjie mens? Ek is nogals. Dink bietjie aan ‘n foto van ‘n koei wat rustig in die groenste gras staan en herkou… nie ver van die koei speel twee bruin gevlekte kalfies baldadig in die lang gras wegkruipertjie. Die kanola velde staan vol in die blom so ver soos die oog kan sien. Dis wat jy sien… perfeksie, vrede. Dis Facebook…
Die anderkant van die teerpad lyk so effe anders, want sien die melkery wat daagliks 3000 koeie melk is oorkant die pad geleë. Dis brommers en vlieë waar jy kyk, die mishope lyk soos berge en jip jy het reg geraai, dit ruik ook nie so baie lekker nie. Na die onlangse reën is dit natuurlik een groot modder-gemors. Dit my liewe vriendin is realiteit.
Ons kan soms so jaloers wees op wat ons sien op sosiale media, want sien jy die klomp Venters ploeter al weer oorsee rond en kyk net hoe oulik lyk haar kinders op die foto, en sy, sy lyk so gelukkig en tevrede en agtermekaar … en en en…. Maar sien dis die ding. Ons sien net die koei en die kanola lande in die prentjie, nie die mis of die vlieë nie, want ons is tog net so bang mense sien ons lewens en ons prentjies is nie altyd so perfek nie. Hoeveel onvleiende profile pics het jy al gesien? Nee ons neem daai profile pic, met ons asems ingetrek, dubbelken mooi netjies weggesteek. Continue reading “Facebook vs Realiteit.”

God het darem ‘n wonderlike sin vir humor. Ek lees gister die stukkie in Psalm 32:8-9 in The Passion Translation. I hear the Lord saying, “I will stay close to you, instructing and guiding you along the pathway for your life. I will advise you along the way and lead you forth with My eyes as your guide. So, don’t make it difficult; don’t be stubborn when I take you where you’ve not been before. Don’t make me tug you and pull you along. Just come with me!”
Die Woord van God het soveel mooi voorbeelde van gewone vroue wat God op ‘n besonderse manier gebruik het. God gebruik ‘n ongetroude, jongmeisie om die Ma te wees van Sy eniggebore Seun. Ester die weeskind word Ester die Koningin wat haar volk red van gewisse dood. Debora raak op ‘n tyd wat vrouens nie hoog geag word nie, die leier van die Israeliete, ‘n profetes en boonop ook die aanvoerder van ‘n hele leërmag.