Die Wedloop.

Die lewe is soos ‘n wedloop, intens, put mens soms totaal en al uit. As daar een belofte in die Woord is waaraan ek en jy moet vasklou met alle mag en krag is dit: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt. 28:20) Wat beteken dit vir my? Beteken dit God staan op die kantlyn van my lewenspad en skree bemoedigende versies na my kant toe? Of beteken dit: God is saam met my daar… daar waar die tekkie die teer tref, in die midde van die stryd, langs jou, onder jou, agter jou, bo jou, binne jou?

God sê: “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.” (Ps. 32:8) Dit glo ek met my hele hart. God is by my… altyd. Ek is NOOIT alleen nie. Hierdie wedloop is nie ‘n solo wedloop nie, God hardloop saam met my, elke tree van die pad. Continue reading “Die Wedloop.”

Die Projekbestuurder.

‘n Paar jaar gelede het ek die dienste van ‘n Projekbestuurder benodig. Ons het Kaap toe getrek en die TO DO lysies op die yskas het al meer geword. Nimmereindigende lysies vol belangrike en minder belangrike goedjies en soos dit maar met die tyd gaan, het dié al minder geraak. Ek het paniekerig begin voel. Jy weet mos daardie gevoel wat die olifantjie sonder seremonie op jou borskas homself kom neer plak. Ek het al slegter geslaap en het totaal en al oorweldig gevoel. Een oggend oppad werk toe het ek net besluit tot hier toe en nie verder nie. Ek moes bietjie aan myself erken… hierdie gaan ek nie alleen gedoen kry nie… ek het hulp nodig gehad … ek het besluit om ‘n Projekbestuurder aan te stel.

Ek het my baie lysies van my yskas afgehaal en hulle aan my Projekbestuurder oorhandig. Daar was so baie goed op die lysies, groot lewensveranderde besluite wat moes geneem word. Huis moes verkoop word, huis koop in die Kaap vir die regte prys, regte omgewing, skooltjie vir Kleinsus en Primêre skool vir Ousus. Vervoer van meubels. Bekostigbare verblyf in Roodepoort vir die laaste maand. Troeteldiere vervoer, nuwe maatjies vir die girls, uitsorteer, weggooi, inpak, uitpak ens. Dit was ‘n ellelange lys… sonder ‘n woord het my Projekbestuurder die baie los papiertjie uit my hande gevat, vir my ooggeknip en gefluister…als gaan ok wees… Continue reading “Die Projekbestuurder.”

Wees stil! Ek sal vir jou veg…

Dankie K vir die mooi prentjie.

Die uittog uit Egipte is in volle swang, 600 000 Israeliete wat te voet vlug. Grootmense, mammas met skreunde babas, kriewelrige kleuters, klaende tieners, oumas en oupas wat sukkel om die pas vol te hou.

Die Here lei die Israeliete uit Egipte uit en skielik is hulle vasgekeer. Oos en Suid van hulle is berge, voor hulle lê die Rooisee en uit die Noorde storm die Egiptiese weermag met strydwaens en al op hulle af… wat sê God? “Bly julle maar kalm Ek sal vir julle veg.” (Eks. 14:14) Miskien moet jy vandag hoor daar waar jy voor jou Rooisee staan. Wees stil, bly kalm die God van die heelal veg vir jou, veg namens jou. Continue reading “Wees stil! Ek sal vir jou veg…”