Vreesbevange Mens

My hande hang slap, my knieë knik. Ek het moed verloor. (Is. 35:3-4) Waarom staan U so ver weg, Here? (Ps. 10:1) Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur U krag. (Ps. 54:3)

Moenie bang wees nie. Ek sorg vir die mossies, hoeveel te meer sal Ek nie vir jou, My liefling-kind, sorg nie? (Matt. 10:31) Stel jou vertroue in My, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie! Wat kan ‘n mens aan jou doen? (Ps. 56:12) Ek beskerm die wat My Naam liefhet, Ek beskerm jou. (Ps. 5:12)

Jy lewe deur die Gees, laat die Gees dan jou gedrag bepaal. (Gal. 5:25) Lewe volgens die vrug van die Gees: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal. 5:22-23) Die Gees wat ek jou gegee het, laat jou nie meer in vrees lewe nie. (Rom. 8:15) Néé, wie My dien se lewe is veilig, so ‘n mens slaap rustig. (Spr. 19:23) Continue reading “Vreesbevange Mens”

Jesus huil saam met jou…

Here, waar is U as my hart in duisende stukke op die grond lê? Waar is U my Jesus, wanneer trane ongehinderd oor my wange en siel loop? Hoor U Here? Voel U Here?

Het jy al vir God gevra of Hy saam met jou huil wanneer jy op moedverloor se vlakte kuier? Het jy al die God van die hemel en aarde gevra waar Hy is wanneer die donker jou van agter bekruip en sy yskoue hande om jou warm menslyf slaan? Ek het al… as jy nie vir jou Hemelse Pa die moeilike vrae kan vra nie, vir wie dan? Continue reading “Jesus huil saam met jou…”

Vroue met vlerke.

(Dankie K vir die mooi prentjie.)

Ek is bly oor jou! Ek het jou lief. (Jes. 62:4-5) Ek is jou HERDER wat jou by groen wievelde laat rus. Ek gee jou nuwe krag. (Ps. 23:2-3)

Oormoeg-mamma, moenie moeg word om goed te doen nie, (2 Tess. 3:13) of jy kosmaak of kinders regmaak vir skool, wat jy ookal doen, doen alles tot My eer. (1 Kor. 10:31) Ek sien jou raak, Ek weet van jou.

Agter-mekaar-vrou. Dit is verseker so, Ek is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede, (1 Kor. 14:33) maar My liewe dogter wat altyd in beheer wil wees, Ek weet dit maak jou moeg, los maar soms die lysies en kom sit net bietjie by My, net by My vind jy rus. (Ps. 62:2) Continue reading “Vroue met vlerke.”