Op die pad van die lewe kom ons almal, een of ander tyd, voor ons eie berg te staan. Ek weet nie wat jou berg se naam is nie, miskien is jou berg se naam kanker, miskien is jou huwelik besig om te verbrokkel, miskien is jou berg se naam skuld. Miskien voel jy die effek van Covid-19 aan jou lyf. Feit is: ons elkeen het ons eie berg wat voor en bo ons uittroon.
Almal se berge is ook nie ewe groot nie! Ek wil vandag vir jou vra: Hoe groot is jou berg? Nog belangriker… Hoe groot is jou God? Continue reading “Aan die Voet van jou Berg.”


