Perspektief: Die Tapeserrie.

Jou lewe is soos ‘n tapeserrie, meesterlik inmekaargeweef deur die Groot Kunstenaar. Die Groot Meester sit op Sy stoel en met eindelose liefde en geduld, met die mooiste kleur kombinasies, weef Hy jou lewe inmekaar. Hy die Kunstenaar van die heelal, sit dag na dag op die stoeltjie besig om jou Tapeserrie te voltooi.

Dis Hy wat jou gevorm het en aanmekaargeweef in die skoot van jou moeder. Dis Hy wat jou op ‘n wonderbaarlike wyse geskep het. (Ps. 139:13-14)

Jy hoef nie te fokus op die Tapeserrie nie. Die Kunstenaar is in beheer en jy kan Hom vertrou. Maak jou los van wat agter is en strek jou uit na wat voor is. Span jy jou maar net in om by die wenstreep te kom. (Fil. 3:13-14) Geen rede hoekom jy jou hoef te verknies of jou Tapeserrie mooi gaan lyk, of betyds gaan klaar wees nie. Continue reading “Perspektief: Die Tapeserrie.”

Angstigheid en Jesus.

Ek is altyd versigtig vir self-diagnoses… so ek ly nie aan angstigheid nie, maar soms, vir ‘n seisoen, of deur ‘n lewensstorm ervaar ons mos almal tog ‘n bietjie angs. Eintlik is dit meer angstige gedagtes waarmee ek en jy sukkel en oor struikel!

When my busy thoughts were out of control, the soothing comfort of your presence calmed me down and overwhelmed me with delight. (Ps. 94:19 TPT)

Ons besige gedagtes lei na ‘n oordinkery, ‘n heen en weer gedinkery. (Dis nou die bobbejane wat agter die berge gehaal word, almal van hulle, die hele familie. Kleintjies, oues, tieners… ALMAL. En natuurlik al die wat asse en sê nou maars…) en ‘overthinking’ lei na… jip jy het reg geraai… angs. Lekker bose kringlopie waarin ek en jy ons selwers bevind en mee besig hou.

As jy oor iets wil dink, oordink… bepeins die volgende… God is in beheer! Jou lewe is in Sy almagtige hande. Hy slaap nie, Hy sluimer nie. Hy ken jou op die naam, selfs die hare op jou kop is getel… met JOU is Hy welbekend! Continue reading “Angstigheid en Jesus.”

Die SkermSkelm.

Konneksie sonder wifi is moontlik! Dis die naam van ‘n taak wat ek en twee vriendinne (Erné en Desirèe) gedoen het, en dit was hope pret, maar sjoe dit was ‘n ‘eye opener’ soos die Engelsman sê. En luister ek is nie een van dáái ma’s wat die duiwel agter elke klip soek en hom agter elke bos wil uitskop nie, maar vir my is dit duidelik dat die vyand ons fone en veral sosiale media gebruik om ons kinders, maar veral ons tieners by te kom.

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. (Spreuke 4:23 [1953])

Ons fone is nie net ‘n handige instrument wat ons toevallig ALTYD saam met ons dra nie. Elke ping, elke sinnelose ‘scroll’, elke ‘like’, elke vibrasie, elke notifikasie is gemaak om jou brein te manipuleer… Die slimfoon is geskep met ‘n baie spesifieke doel! En selfs as jy nie wil kyk, wil optel, wil aandag gee nie, het jou brein geen ander keuse as om te reageer nie. Jou aandag word letterlik gesteel. Continue reading “Die SkermSkelm.”