
Ek is God, daar is geen ander nie;
Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. (Jes. 46:9)
Ek is God…
Glo jy dit vriendin, met elke sel en vesel in jou liggaam. Glo jy dit werklik en waaragtig? Glo jy dit nie net in jou hart nie, maar in jou kop, met siel en verstand? Ek ook, want hoe kan ek en jy dit nie glo nie as God dit oor en oor, weer en weer aan ons kom bewys het?
Oor duisend-miljoene jare het Hy en wie Hy is nog nooit verander nie. Ook tussen die ou en die nuwe testament het God nie verander nie. Hy is wie Hy is. Ek, die Here, het nie verander nie. (Mal. 3:6)
Long before you gave birth to the earth and before the mountains were born, you have been everlasting to everlasting, the one and only true God. (Ps. 90:2 TPT) Die enigste God. My en jou God. Continue reading “Selfde God.”

Lank lank gelede toe ek 10 jaar oud was, net na my oupa se afsterwe, het ek een nag ‘n verskriklike droom gehad wat ek tot vandag toe onthou! Die dood van my oupa was traumaties, ek was bitter lief vir hom en as klein dogtertjie was ek bietjie kwaad vir God… daar was baie kleinkinders wat niks van hulle oupas gehou het nie, hoekom het Hy my oupa kom haal…?
U is vir my en nie teen my nie, dit weet ek met sekerheid. U is my God, soos U die God van Abraham, Jakob en Isak is. Dis persoonlik.