U is Mooi!

Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning! (Jes. 52:7 1953)

Ek en kleinsus ry die ander oggend skool toe, dis dieselfde tyd wat ek begin dink het die winter is verby… toe nie. . Nietemin op pad skool toe aanskou ons ‘n sonsopkoms, maar een vir die boeke… een van daardie soel, mooi oggende met kleure getooi wat jy sukkel om in woorde te beskryf.

Kleinsus, wat hou van teken en kuns merk tereg op, dis net God wat dit kan regkry om dit so mooi, perfek te laat lyk. En ek weet, ek het al male sonder tal probeer om die perfekte foto te neem van ‘n sonsopkoms, jy kan maar stel aan jou slim kameratjie tot jy blou is in die gesig, dis net duskant onmoontlik. Dis ‘n God-ding. Continue reading “U is Mooi!”

God is ALLES vir ALTYD.

God is ALLES.

Alles het deur  Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan het, het sonder Hom tot stand gekom nie. (Joh. 1:3) Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe. (Ps. 119:91). Inteendeel, dit is U wat aan almal lewe en asem en alles gee. (Hand. 17:25)

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. (Ps. 34:5) Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit het. (Job 42:2)

Ons weet ook dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is. (Rom. 8:28) Meer as dit,  in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Rom. 8:37) Continue reading “God is ALLES vir ALTYD.”

Die Druppel aan die Emmer.

Ek en jy is afhanklik van God, die teenoorgestelde is egter ver van die waarheid af. God is God. Hy het my en jou nie nodig nie. Nie nodig om Sy werk namens Hom te doen, nie nodig om namens Hom te veg nie. Hy is immers die Aanvoerder van die leërskare.

God claims the world as HIS! Everything and everyone belong to HIM! (Ps. 24:1 TPT)

Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur U wil het alles onstaan en is dit geskep. (Openb. 4:11) Die aarde en alles wat daarop is, behoort aan U! (Ps. 50: 12)

Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat almal lewe en asem en alles gee… want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. (Hand. 17: 25, 28) Continue reading “Die Druppel aan die Emmer.”