
Ek dink die afgelope paar weke vreeslik aan die tema… ‘om te laat gaan’, hoe ongemaklik en moeilik dit soms is. Miskien is dit omdat ousus Universiteit toe gaan, en dis weer laat gaan van voor af…
Kleinsus was 6 jaar oud toe beland sy per ongeluk in ‘n huisbak, van die sesde vloer af sien ek die liggie beweeg af, af, af tot op die grondvloer. Op daai spesifieke oomblik het ek nie geweet of ek moet afhol met die trappe, of net so bietjie moet vasstaan vir ‘n oomblik nie. Na paar minute, wat absoluut soos ‘n ewigheid gevoel het, maak die huisbak oop en ek kyk in die verskrikte ogies van kleinsus vas en al wat sy uitasem uitkry is: “Mamma, ek het nou ‘n hartaanval in my kop gehad.” Nou ja, ek dink partykeer om te laat gaan voel so bietjie soos ‘n hartaanval in jou kop.
Ek onthou baie goed toe altwee die girls moes klein skooltjie toe gaan, vir die eerste keer na kraamverlof, moes manlief hulle vat, ek het eenvoudig nie kans gesien om hulle in die vreemde te los, om te draai en weg te stap nie, ek het aande voor die tyd al begin huil oor die moeilike laat gaan. Continue reading “Om te laat gaan…”

Ja, is dit nie net die mooiste afrikaanse woord nie? As jy wonder, dis ‘n vroulike verkeersbeampte, beslis beter as die woord spietkop. Het jy al ‘n boetebessie in aksie gesien tydens ‘n kragonderbreking met ‘n te-veel fase robot. Sy moet kophou soos ‘n dronk weerluis. Dis ‘n diepe konsentrasie besigheid. Sy kan nie aan alllerhande dinge staan en dink nie. Sy moet konsentreer en doplet (dis nou dophou en oplet). Die oomblik as sy misbeduie of net vir ‘n oomblik aan ander dinge dink, dan kom daar groot ongelukke.