Weet Beter… doen Beter.

Wees ‘n liefdevolle, betroubare en vergewensgesinde ouer. Dan sal jou kind weet  waarvan mense praat wat sê dat God ‘n Vader is wat vir sy kinders omgee. (Anniéria McFarlane)

Sjoe dis ‘n kla-tema by menige koffie drinke en bymekaar komme nê? Die té groot emosies wat tieners ervaar vir sulke partykeer klein lyfies. Hoekom is tieners so emosioneel of eerder oor-emosioneel? Van laag na hoog en al die variasies in die middel.

Vriendin maar het jy geweet ‘n tiener/jong volwassene se brein, die deel wat met emosies werk, is eers volledig ontwikkel teen middel of laat twintigs? Het jy geweet hierdie deeltjie is die einste deeltjie waar die emosie sentrums is? En besluitneming en beplanning, en ek is seker nog ‘n paar goedjies wat ek en jy nie eers van bewus is nie. Continue reading “Weet Beter… doen Beter.”

‘n Ma wat Worry.

Ek sien die anderdag ‘n oulike video-clip van ‘n ma en haar dogter. Die dogter is sekerlik al diep in haar sestigs en die ma laat tagtigs. Die dogter vra vir die ma: “So mom, when did you stop stressing about us kids…?” Die ma draai na die dogter en sê: “Well dear, as soon as that happens, I’ll let you know…” Lyk my ‘n Ma wat gedurig oor haar kinders worry is ‘n ding. Ai, so die einde van bekommerd wees oor kinders is nie in sig nie…

Audrey Hepburn het gesê: Die moeilikste deel van moederskap is die innerlike bekommernis en hoe om dit nie te wys nie. 

Die probleem is, kinders is jou hart wat buite rondloop. Ek besoek nie te lank terug my Ginekoloog nie, sy vertel van ‘n Pappa wat so verlig was om die baba se hartjie te sien klop nadat daar probleme was, dat hy begin huil het. Hy vra toe benoud vir die Dokter wanneer gaan die gevoel van stres oor hierdie klein mensie beter raak? Op 12 weke? Die eerlike antwoord en waarheid is heel waarskynlik nader aan … NOOIT NIE! Dis stresvol om ‘n ouer te wees.

En ek kry die oumagrootjies die heel jammerste. Ek onthou my ouma het ‘n hele lys gehad van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders waarvoor sy elke oggend en elke aand gebid het. Harde werk om ‘n biddende ma, ouma en oumagrootjie te wees. Groot verantwoordelikheid ook! Continue reading “‘n Ma wat Worry.”

Uit die Nes Uit.

Om ‘n kind wat moet vlieg onder jou dak te hê, bring ‘n warboel onwelkome emosies eensklap in jou geselskap in. Sommige van die emosies ou bekendes, ander wat jy liefs wil vermy as dit enigsins ‘n moontlikheid was.

Min ma’s praat oor die  half voel van kinders wat die nes verlaat, en al weet ons dit kom, is mens nie regtig daarop voorbereid nie. Daar is te min ma’s wat rondborstig erken dat dit nie die wonderlikste tyd van jou lewe is nie. Daar is te min ma’s wat eerlik genoeg is om te sê, dit ‘suck’ nogals.

Vriendin ek wil jou nie oortuig dat dit maklik gaan wees nie, maar ek wil jou verseker dat jy OKAY gaan wees. Dat jou kind OKAY gaan wees, en dat hierdie net ‘n hobbel in die lewenspad is wat oorkom moet word. Continue reading “Uit die Nes Uit.”