‘n Mynveld.

Beywer julle vir vrede met alle mense… (Heb. 12:14)

Om ‘n tiener in die huis te hê  is soms soos om in ‘n mynveld stilletjies rond te sluip en te hoop niemand (enige tiener in die omtrek) sien jou raak nie en dat jy nie onwetend ‘n landmyn aftrap nie. Sommige tiener(s) in my huis is nie juis oggend mense nie. En as hulle nog sleg geslaap het, bietjie gestres is, bo op die karaktertrek dan kan dit… kom ons sê interessant raak.

So wyle terug het ons die gevreesde kombinasie van nie-oggend-mens bo-op min slaap. Baie soos ‘n beer met ‘n seer voetjie, maar nie noodwendig die cuddly tipe nie. Ek besef sommer vinnig dis ‘n mynveld… en ek soek nie moeilikheid nie, probeer uit die pad bly en al daai lekker dinge. Continue reading “‘n Mynveld.”

Weet Beter… doen Beter.

Wees ‘n liefdevolle, betroubare en vergewensgesinde ouer. Dan sal jou kind weet  waarvan mense praat wat sê dat God ‘n Vader is wat vir sy kinders omgee. (Anniéria McFarlane)

Sjoe dis ‘n kla-tema by menige koffie drinke en bymekaar komme nê? Die té groot emosies wat tieners ervaar vir sulke partykeer klein lyfies. Hoekom is tieners so emosioneel of eerder oor-emosioneel? Van laag na hoog en al die variasies in die middel.

Vriendin maar het jy geweet ‘n tiener/jong volwassene se brein, die deel wat met emosies werk, is eers volledig ontwikkel teen middel of laat twintigs? Het jy geweet hierdie deeltjie is die einste deeltjie waar die emosie sentrums is? En besluitneming en beplanning, en ek is seker nog ‘n paar goedjies wat ek en jy nie eers van bewus is nie. Continue reading “Weet Beter… doen Beter.”

Ma van die Jaar.

Ma, jy het self geen groot katedrale gebou nie, maar jou hele lewe was ‘n katedraal ter ere van God. (Thomas Fessenden)

Hierdie stukkie het ek ‘n paar jaar terug geskryf, ek het dit so bietjie afgestof, want ek dink ons mammas moet meer as gereeld hoor: Dis okay om nie perfek te wees nie…

Kleinsus was nog iewers in die laerskool toe ek haar een oggend skool toe vat. Ons is nie laat nie, ons is nie gejaag nie, ons is net lekker. Hier voor my trek ‘n groot voertuig met ‘n ruk op die sypaadjie op en daar vlieg ‘n mamma uit, maar sy is nie vies nie, sy is nie kwaad nie… sy is woedend. Sy gooi haar kinders se tasse op die sypaadjie, klim terug en ry weg… sonder ‘n baai, ‘n drukkie… en die ou dogtertjie loop so skrams verby ons en die gesiggie is besmeer met trane… en ewe skielik voel ek sommer ook na huil… Continue reading “Ma van die Jaar.”