‘n ‘Cool’ Vriendin.

As ek R5 gekry het vir elke keer wat ek die volgende frase gebruik: ek is jou mamma, nie jou maatjie nie, dan sou ek skatryk gewees het. En jy? Hier is die ding, jy kan nie jou tienerdogter se beste vriendin en mamma wees nie, soos baie dinge gaan een rol daaronder ly, en ek kan jou amper ‘n brief gee oor watter rol dit gaan wees.

Daar moet duidelike lyne en rolverdelings wees. Hoeveel respek dink jy is daar in tiener verhoudings tussen maats? Ek het ‘n ding oor respek, dis vir my die basis van enige verhouding, dis eintlik die gom van menswees. Jy kan enige iets sê en doen op ‘n respekvolle manier. Tot raas ook! Continue reading “‘n ‘Cool’ Vriendin.”

Wat is ‘n Ma?

(Opgedra aan my regte egte Ma en my ander Ma)

‘n Ma is gemaak van staal, liefde, uithouvermoë en ragfyn kant. Haar vel is lekker dik, sy steur haar min aan tiener buie en geite. Sy weet ook baie goed, tieners sê selde wat hulle bedoel en bedoel selde wat hulle sê. In haar diepste wese is sy aanmekaar gesit met ‘n tikkie wysheid, oorvloed geduld en ‘n goeie handvol genade. Moet nooit vergeet nie: ‘n Ma was ook eendag op ‘n reëndag ‘n tiener, en as sy baie mooi en baie ver terug dink kan sy onthou van ‘n onsekere dogtertjie wat in ‘n jongmeisie lyf vasgevang was.

‘n Mamma hart is groot, daar is altyd plek vir nog enetjie, dis groot genoeg om ‘n ander mamma se kinders ook lief te hê! Weet maar net dieselfde mamma het ‘n hart van ‘n leeuwyfie, sy sal haar kinders ten alle koste beskerm en veilig hou. Sy bid al vandat hulle bitter klein is vir haar eendag se skoondogters en skoonseuns. ‘n Biddende ma bid vir haar eie kinders, maar ook vir die kinders van die wêreld. Continue reading “Wat is ‘n Ma?”