Grense en Groete.

God calls us to obey Him. God does not call us to obey every wish and whim of other people. God calls us to love other people. God does not call us to demand that they love us back and meet every need we have. (Lysa Terkeurst)

Ek het onlangs ‘n wonderlike boek gelees van Lysa Terkeurst, en dis ‘n absolute MOET lees. Die boek se naam is Good Boundaries and Goodbyes. Vandag se blog is nou nie ‘n opsomming van die boek nie, so jy sal dit maar moet gaan lees.

Lysa skryf uit ‘n plek van diep pyn, persoonlike verlies… en al die lessies wat sy langs die seer-pad geleer het. Die eerste gedagte wat vir my uitgestaan het in hierdie boek, is dat grense Bybels is, en ek dink nie ek het al ooit so daaraan gedink nie, want ons leer: jy moet jou naaste lief hê soos jouself, ons leer ook in 1 Korintiërs 13 presies hoe hierdie liefde moet lyk! Verhoudings wat werk het grense met gevolge! Continue reading “Grense en Groete.”

In die Woestyn.

Ek weet die volgende van ‘n woestyn: dis warm, sanderig en ongemaklik. Ek raak sommer dors as ek net aan ‘n woestyn dink, maar dis ook mooi, Namibië met sy eindelose duine, Sossusvlei met sy dooie-boom woud wat getuig van uithouvermoë en genade onbeskryflik groot. Daar is min woorde wat die mooiheid van die niksheid kan beskryf.

Soms, wanneer ons ons oë uitvee bevind ons onsself pens en pootjies in die spreekwoordelike woestyn, of ek en jy bevind ons op die rand van die woestyn, en daar is geen keuse nie, dis deur die woestyn, geen kortpad, ompad nie. Die beste wat ons voor kan hoop is lafenis in ‘n onverwagse oase in die woestyn.

Een ding weet ek verseker van ‘n woestyn belewenis, dis wanneer my ore en oë die oopste is, wanneer ek My Verlosser die duidelikste hoor en sien. Vraag? Gaan jy die God van die hemel en die aarde toelaat om jou te versorg in die woestyn? Hom toelaat om jou hart te genees, jou geseslskap te hou in jou woestyn? God se natuur is voorsiening… Ek het jou in die woestyn gevind, opgeraap, omhels en vertroetel. Ek sal jou versorg, want jy is die appel van My oog. (Deut. 32:10) Continue reading “In die Woestyn.”

‘n Bederfie uit die Hemel.

Ek is op ‘n reis, van beter eet, vir beter gesondheid, maar ook ‘n reis waar ek God se aangesig soek, waar ek vrae vra, bagasie aflaai. Ag sommer ‘n voorraadopname van my lewe neem, my gesondheid en al daai lekker dinge. Dis nie ‘n maklike reis nie, veral die eerste paar dae van gewoond raak aan nuwe, gesonder opsies… jy weet waarvan ek praat. Nuut is altyd ongemaklik, nuut is selfs soms moeilik.

Ek stap Dinsdag uit die gym, nat gesweet en moeg. Ek val sommer by Pick ‘n Pay in, want nader is altyd beter. En jy weet mos, soms voel jy mos net, jy kort ietsie om jou te laat beter voel… maar kos en swiets en koek is mos nou nie eers ‘n amperse opsie nie, en ek dink by myself, vlietend, miskien moet ek vir my nog ‘n plantjie koop.

Vriendin, ek het ‘n swakheid vir plante, dit lyk al ampertjies soos ‘n kwekery hier binne my huis, dis net vir my so mooi, en groen, en lewendig. Ietsie wat ek na kan kyk, en versorg. Ek is altyd doodbekommerd as ons Desember maande op vakansie gaan… Continue reading “‘n Bederfie uit die Hemel.”