
(Hierdie stukkie is op geen manier van toepassing op jou, of jou huwelik, as jy vasgevang is in ‘n huwelik waar mishandeling van enige vorm voorkom nie, kry groot asseblief hulp, vertel vir iemand.)
No one else should have access to you
the same way your husband [or wife] does-
that kind of closeness,
that kind of knowing,
that kind of presence…
is sacred. (@littlegraceph)
Hierdie aanhaling, op sosiale media, het my lank en intens laat nadink… oor hierdie veilige, heilige ruimte wat ons huwelik noem. Oor die kosbaarheid daarvan, die waarde van so ‘n spasie. Ek glo vir geen oomblik dat dit is hoe almal saamwees en eenwees ervaar nie, ongelukkig nie, maar is dit nie wat God met huwelike bedoel het nie? Wat ek wel besef het is dat hierdie spasie nie met ‘n wonderwerk ontstaan die oomblik wat jy in die kerk in ‘n gewyde oomblik ‘ja’ sê nie. Hierdie ruimte word geskep en in stand gehou deur twee onperfekte mense wat mekaar liefhet. Continue reading “‘n Veilige, Heilige Ruimte.”


