Rustig, Rustig, Rustig… Amygdala!

Wie op aarde sal ook nou ‘n naam soos die ene uitdink vir kind of kraai? Nee, vriendin, ontmoet ‘n deeltjie van my en jou brein, ‘n amandel vormige twee lob gedoentejie. ‘n Klein deeltjie met ‘n GROOT werk.

Die Amygdala is diep in jou brein gesetel, een lob in elke hemisfeer, so min of meer agter jou oë. Ons moet ons Amygdalas bedank, want dis hy wat ons emosies prosesseer en reguleer. Emosies soos vrees, angs en agressie. Die Amygdala verbind ook jou emosies met herinneringe. Dit is hoeka die outjie wat skree… veg, vlug of vries. Continue reading “Rustig, Rustig, Rustig… Amygdala!”

1 Korintiërs 13

Nou wys Ek jou wat nog die allerbeste is.

Die liefde is geduldig, wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar. (Kol. 3:13) As jy net dié liefhet wat vir jou liefhet, watter loon kan jy dan nog verwag? (Matt. 5:46) Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. (Ef. 4:2) Continue reading “1 Korintiërs 13”

Die Gesprek.

Wanneer ons bid, gebeur daar iets geweldigs: aarde en hemel ontmoet mekaar, die nietige mens kom in aanraking met die lewende God. (Hennie Conradie)

‘n Gesprek tussen twee mense verg aktiewe deelname. Om met aandag te luister en met begrip te antwoord. Wanneer die twee goedjies in enige verhouding teenwoordig is kan mens sekerlik sê daar is mooi oop kommunikasie lyne en dat die verhouding dit sal weerspieël.

Gebed is ‘n uitstekende manier om jou verhouding met God in stand te hou en om te groei in die kennis van God. (Jonathan Edwards)

Wanneer ons praat van ‘n intieme verhouding, praat ons tog van iets kosbaars. ‘n Wedersydse verstaan, liefde, respek, gedeelde humor en sommer net gesels… ‘n intieme ken van die ander persoon. En dit verg natuurlik tyd, geen verhouding kan sonder tyd gebou word nie, en ons kan daarby aandag voeg. Hoe meer aandag en tyd jy aan ‘n spesifieke verhouding afstaan, hoe belangriker is die verhouding vir jou.

Soms dink ek dit gaan in baie Christene se lewe so met ons verhouding met die Here. Ons praat, ons vra, ons smeek, maar spandeer ons genoeg tyd om te luister, spandeer ons genoeg tyd in die troonkamer by die voete van ons Heer en Meester om sy hart vir ons te ontdek? Wil ons graag weet wat Hy sê? Wil ons met Hom gesels? Sommer net omdat gesels gesels is… Bly ons lank genoeg stil om te luister… om te hoor…

Gebed is ‘n skild vir die siel, ‘n offer aan God en ‘n roede vir die duiwel. (John Bunyan)

Vriendin, net sodat jy weet en nie wonder nie, God het nie selektiewe doofheid soos jou wederhelfte nie, Hy hoor ALLES wat jy sê, selfs die onuitgesproke woorde wat jou hart fluister… selfs jou trane is woorde wat in hemelse taal vertaal word. God het altyd tyd om te luister as jy tyd het om te bid. (Anoniem)

Hoe lyk my praat met God? Wel bid is ‘n goeie begin, niks fout met ‘n gestruktureerde gebed nie, ek is net half vrot met dit… Ek bid baie, maar selde elke dag op dieselfde tyd. Jy is nie beperk tot jou binnekamer nie. Sommer so in die motor is goed, of in die ry by Pick ‘n Pay. Nanag gebede is kosbaar wanneer dit voel of die hele wêreld slaap en jy God net vir jouself het.

Bid lyk dalk vir my anders as vir jou. Jy kan enige tyd met Hom gesels. Sefanja 3:17 (2020) sê so mooi: Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat verlos. Altyd in jou midde, altyd by jou… En nou kan ons met VRYMOEDIGHEID na God gaan… (1 Joh. 5:14)

Gebed is ‘n manier van lewe. Jy kan Hom absoluut enige iets vertel of selfs vra. Jy hoef nie eers te weet wat om te sê nie, daag net op met ‘n oop hart. And in a similar way, the Holy Spirit takes hold of us in our human frailty to empower us in our weakness. For example, at times we don’t even know how to pray, or know the best things to ask for. But the Holy Spirit rises up within us to super intercede on our behalf, pleading to God with emotional sighs too deep for words…in perfect harmony with God’s plan and our destiny. (Rom. 8:26-27 TPT)

As jy nie kan bid soos jy wil nie, bid soos jy kan. God weet wat jy bedoel. (Vance Havner)

My bid is baie keer vasgevang in ‘n lied wat ek sing, want ken Hy nie alreeds my hart en my gebed nie? Soms moet ek en jy net opdaag.

Om ‘n joernaal te hou is goeie manier om jou woorde tussen bladsye vas te vang. Ek en Manlief was al tien jaar getroud toe blaai ek deur my joernaal en sien met groot verbasing dat God 10 dae gevat het om vir my die ‘regte’ man te stuur, met die spesifikasies wat ek aangeheg het. Die inskrywings raak dan sommer jou bewys dat God nie doof is nie en dat Hy hoor en antwoord. En volgende keer as jy bietjie langer as 10 dae moet wag, dan stig jou geskrewe gebede jou, maar veral die antwoorde uit die hemel.

Ek vermoed dié deel, die praat deel, van die tweegesprek is nie die probleem nie, veral nie vir die skoner geslag nie, want woorde het ons in oorvloed, ek dink soms wel dat ons sukkel om sy stem te hoor in die geroesmoes van die wêreld, want waar gaan soek ons die antwoorde? Waar gaan hoor ons sy stem? Almal is nie gelukkig genoeg om God se stem te hoor-hoor nie.

Waar vind ek en jy Sy stem? Vir my hoor ek Sy stem die heel duidelikste met skrif wat alreeds op my hart geskryf is. Dis asof Sy Woord in my hart weergalm en resoneer. For the Word of God is living and active and full of power [making it operative, energizing, and effective]. (Heb. 4:12 AMP) Moet nooit ooit vergeet nie: God is die enigste outeur wat opdaag sodra jy Sy Boek optel)

Antwoorde kom ook nie net deur skrif wat jy reeds jou eie gemaak het nie, maar daar is soveel skrif en antwoorde wat nog ‘ontdek’ moet word deur my en jou. Maar natuurlik impliseer dit dat ek en jy tyd in Sy Woord moet spandeer. Ek geniet die Bybel App verskriklik baie, want maak nie saak waar ek is nie, die Woord van God is altyd byderhand, en beskikbaar in ‘n klomp vertalings.

Ek het al God se stem gehoor in liedere, ‘n vers of gedeeltetjie wat ‘n vriendin aanstuur, ek het al selfs God se stem gehoor in die blogposts wat ek so graag skryf. God se stem is ook in die natuur te vinde, ons moet met ‘n groter bewustheid van Hom leef wat altyd by my en jou is.

As ons op God wag, dink ons heel eerste aan dié God op wie ons wag. God verlang daarna om Homself te openbaar, om ons met Hom te vul. Voordat jy bid, buig in stilte voor God, onthou en besef wie Hy is, hoe naby Hy is, hoe seker Hy kan en sál help. Wag op God totdat jy weet jy het Hom ontmoet, dan sal jou gebed heel ánders wees. (Andrew Murray)