Vir My is jý Lieflik.

I want to be beautiful
And make you stand in awe
Look inside my heart
And be amazed
I want to hear you say
Who I am is quite enough
I just want to be worthy of love
And beautiful.

Bethany Dillon, ‘Beautiful’

Is dit nie die hart en begeerte van elke vrou nie? Ek en jy wil net weet ons is okay, genoeg, nie te veel nie, nie te min nie, maar… genoeg. Ons wil inderdaad lieflik wees. Volgens wie se standaarde wonder ek soms? Die wêreld sin? En ek wil vir jou met beslistheid sê, nee dankie, nie volgens die wêreld nie… want skoonheid en die skoonheids bedryf het ‘n afgod geword.

Mooi is net mooi as dit van binne af buitentoe straal. Dit gaan nie oor gewig, min plooie, lengtes en wat die skaal sê nie. Hierdie anonieme aanhaling wat ek iewers raakgeloop het, het vir my baie beteken, want dit breek van die kettings rondom die diskoers en glo rondom wat presies skoonheid is. Wie is mooi, wie is beeldskoon en wie is net okay?

Stop seeking validation from a world that crucified a perfect Man.

Ek en jy kan nie ons oortjies vir die wêreld uitleen nie, en dis ons werk om dit oor te dra aan almal wat wil luister, veral aan ons jong dogters wat met die wêreldse liniaaltjie hulle self meet en pas en baie selde aan al die moets en moenies voldoen! Ons moet die krag wat woorde het wat in ons diepste binneste gaan lê – breek.

Die wêreld se standaarde lyk anders, jy is te vet, selde te maer, te kort of te lank, te min of te veel. Jy praat te hard en te veel, en stilbly is ook nie ‘n opsie nie, want jy moet op jou regte staan. Jy is ‘n feminis of ‘n vloerlap. Tussen dit alles probeer jy ‘n identiteit uitkrap wat jy darem amper mee gemaklik kan voel!

Julle skoonheid moet nie op die uiterlike dinge berus nie- soos die vleg van hare, die dra van goue juwele, of die aantrek van elegante klere nie; maar op dit wat in die mense se hart verbroge is- die onvergangklike skoonheid van ‘n saggeaarde en rustige gees, wat in God se oë baie kosbaar is. (1 Pet. 3:3-4 2020)

Hoe mooi is dit vriendin? Skoonheid wat gevind kan word in ‘n saggeaarde en rustige gees… en beteken dit dat ek en jy die dinge nie mag doen nie? Nie mag moeite doen met ons voorkoms nie? Nee verseker nie, maar ons fokus moet skuif van buite na binne.

Pasop wat in jou hart aangaan, waarsku die woord ons… veral die gedagtes wat jy oor jouself koester, (Spr. 4:23) veral die baie leuens wat jou van alle kante af oorweldig vanuit die wêreld. Veral die woorde wat jy oor jouself uitspreek!

Your Royal Bridegroom is ravished by your beautiful brightness. Bow in reverence before him, for he is your Lord. (Ps. 45:11 TPT)

God is ‘n kunstenaar. Hy hou van kleure en skep, en mooiheid. Hy is die Skepper-God wat skep en maak, alles wat mooi is het Hy gemaak. Van die sonsopkoms met strale wat die einde van die nag aankondig tot die wolke wat pienk verkleur, net voor die dag vir oulaas groet. Skoonheid gryp Sy hart aan, jý gryp Sy hart aan… Vir HOM is jy lieflik, absoluut asemrowend, en genoeg. En die stukkies wat jy haat, Sy genade sal jou inwag in daardie deeltjies, die gehate, minder geliefd deeltjies van jou. Vriendin, Sy spieël moet ons waarheid wees. Wat Hy sê maak saak!!!!

(Die lied wat ek aanheg is vir my baie kosbaar en my liewe man het dit een oggend vir my gestuur, luister fyn daarna, drink elke woord in, maak dit jou eie.)

God se hart vir jou.

Ek, het jou geskape na MY beeld. (Gen. 1:27) Ek plaas My handpalms op jou, Ek omsluit jou van voor en van agter. Ek het jou op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. (Ps. 139:5,14-15) Mý hande het jou gemaak… (Ps. 119:73)

Onder My vlerke sal EK jou bedek, onder My vleuels sal jy skuiling vind. (Ps. 91:4) Tot My eer het ek jou geskep. (Jes. 43:7) Ek het jou op jou naam geroep- aan My behoort jy. (Jes. 43:1) My troue liefde sal nie van jou wyk nie, maar in ewige troue liefde ontferm Ek my oor jou. (Jes. 54:8,10)

Jy is My kind, My dogter, My hart. (Rom. 8:16) In My is jy ‘n nuwe skepping. (2 Kor. 5:17) Ek is jou Herder, jy kom NIKS kort nie, jy het vir MY! Ek gee vir jou rus en vrede en nuwe krag en leiding. (Ps. 23:1-3 [1983]) Skyn jou liggie in hierdie wêreld, My lief. (Matt. 5:16)

Sjarme is bedrieglik en skoonheid is nietig, maar jy dogter na aan My hart, wat vir My ontsag het, jy moet geprys word. Krag en luister is jou bokleed. Jy is baie werd, baie meer as edelstene. (Spr. 31:10,25,30)

Moenie bang wees nie, want EK IS BY JOU! In My oë is jy kosbaar, geëer, Ek is die EEN wat jou liefhet. (Jes. 43:4-5) Met blydskap verheug Ek my oor jou, Ek juig oor jou met jubelkrete, Ek sal jou stil maak met My liefde. (Sef. 3:17)

Met liefde,
Van die EEN wat jou gemaak het.

Aww, Hy sien jou skoonheid raak, Hy sien jou inderdaad raak, maar moenie vergeet om in verwondering voor Sy lieflikheid te staan nie!

Here’s the one thing I crave from God, the one thing I seek above all else: I want the privilege of living with Him every moment in His house, finding the sweet loveliness of His face, filled with awe, delighting in His glory and grace. I want to live my life so close to Him that He takes pleasure in my every prayer. (Ps. 27:4 TPT)

4 Replies to “Vir My is jý Lieflik.”

  1. WOW!! AMEN SO DANKIE JESUS ONS HET I SO NODIG ELKE SEKONDE VAN DIE DAG ONS YESHUA MESSIAH YAHWE ALOHIM SHALOM

  2. Liefste Martha. Hierdie een slaan weer die spyker op die kop vir my. Dankie vir jou passie om gewone mense soos ek te herhinder hoe Abba wil hê ons oor ons self moet dink.

  3. Dankie my liefste Martha-vriendin. Jy is beautiful en waardeer dat jy Heilige Gees gesinspireerde waarheid met ons deel. Waardeer jou.

  4. “Stop seeking validation from a world that crucified a perfect Man”
    – Sjoe, hoe waar is dit nie?? Dankie Vriendin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *