Jy vra-smeek: “Vergewe my my sonde, want dit is groot Here, só groot?”, (Ps. 25:11) maar Ek sê vir jou, My Onderstebo-kop- kind, tel op jou kop, daar is geen mens op aarde wat regverdig is nie, niemand wat goed doen en nie sondig nie! (Pred. 7:20) Ek het jou sonde op My Seun laat afkom, (Jes. 53:6) want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe wat Ek gee is die Ewige lewe. (Rom. 6:23) Ek het jou sondes aan die kruis vas gespyker en dit weggeneem. (Kol. 12:14)
Ek wil vir jou ‘n ander hart gee. Ek gaan die kliphart uit jou liggaam uitskeur en jou ‘n hart van vleis gee. (Eseg. 11:19) Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen jou dat Ek die lewe en die dood aan jou voorhou, die seёn en die straf. Kies die lewe sodat jy kan lewe. (Deut. 30:19) Ek het jou so bitterlik lief dat ek My enigste Seun gegee het, vir jou, sodat jy wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewigheid by My sal deurbring. (Joh. 3:16) Continue reading “Onderstebo-Kop-Kind.”

Hier is ‘n lekker eksperiment vir jou wat jou ure, miskien dae kan besig hou! Vat ‘n buisie tandepaste (enige maak sal werk) en druk dit uit. Soos in die hele buisie. Nou vir die interessante deel, probeer nou om die tandepaste terug te kry… Wat bedoel jy, jy kan nie? Sien woorde wat ons uiter is baie so. Die woorde wat jy sê kan nie net teruggevat word nie. Dit kan nie ongedaan, ongesê word nie.
As ek moet vra op watter diëte jy al was gaan party van ons se lysies langer wees as ons ‘bucket list’. Ek was ‘n paar jaar gelede op ‘n Rut konferensie en vir huiswerk moes ons ‘n collage maak. Op my collage was ‘n foto’tjie van “‘n Nuwe Jy.” Ek was so opgewonde, kinderlik opgewonde, daar is so ewe ‘n appel en ‘n maatband by… hier dink ek toe God gaan my help gewig verloor… Ek dink God het lekker vir my gelag. Sy ‘Nuwe jy’ het toe effe anders gelyk as wat ek gedink het.