Opgedra aan die wat moet agter bly.
My ouma is verlede jaar in Junie oorlede. Dit was nie ‘n groot skok nie, eerder ‘n verligting. Ouma was moeg, oud, op en gedaan. Dit was ‘n goeie tyd om huistoe te gaan. Op 94 het sy genoeg hartseer en swaarkry vir ‘n leeftyd gehad, maar ook genoeg vreugde en vrede.
My ouma Martha het my so baie dinge geleer, een van dit was hoe om in afhanklikheid van jou Maker te leef… en sy het met voorbeeld gelei. Sy het elke môre en elke aand vir haar 2 dogters, 8 kleinkinders en 17 agterkleinkinders by die naam gebid. Ek onthou toe ons klein was, was daar altyd ‘n wêreldkaart in haar kamer vol vlaggies… sy het letterlik vir die hele wêreld gebid. Continue reading “Veilig in die Arms van Liewe Jesus.”

God is altyd dieselfde: Hy is die eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur sal Hy steeds God wees. (Jes. 41:4) Hy die alomteenwoordige God wat in die verlede, die hede en in die toekoms is. God word nie vasgehou en beperk deur tyd nie. Hy is oral… Vir die Here is een dag soos ‘n duisend jaar en duisend jaar soos een dag.