My Hart se Storie.

(Opgedra aan elke mamma-hart wat die pyn ken van ‘n baba verloor)

You’ve kept track of all my wandering and my weeping. You’ve stored my many tears in your bottle-not one will be lost. For they are all recorded in your book of remembrance. (Ps. 56:8 The Passion Translation) Is dit nie mooi nie? Het hartseer en verlies jou al van agter bekruip en omsingel, geweier om jou te laat gaan, jou as’t ware in jou eie lyf gyselaar gehou? Hoeveel van jou trane van verlies, hartseer en gebrokenheid het God al namens jou opgevang? Sien elkeen het so storie van hartseer en verlies om te vertel… ‘n hartsstorie.

In die donkerste van tye wanneer hartseer jou enigste metgesel is en jou hart net klop omdat hy moet en nie omdat jy noodwendig wil nie… dis die tye wanneer God jou saggies nadertrek, die trane van jou wang afvee (Openb. 21:4) en jou in Sy sterk arms optel en jou naby Sy hart dra. (Jes. 40:11) Wanneer jy bewus is van ‘n liefdevolle Vader wat teenwoordig is, wat jy bewus raak van die Heilige Gees wat jou hand vat en die hartseer pad saam met jou stap. Continue reading “My Hart se Storie.”

Die Rondomtalie.

Dit was nie die stukkie wat ek vandag wou ‘gepost’ het nie, maar God het dit op my hart gedruk om te skryf oor self vergifnis. Om jouself volkome te vergewe. Miskien praat ek vandag nie spesifiek met jou nie, en dis goed so, maar miskien is hierdie boodskap spesiaal vir jou: van God se hart na jou hart.

Wanneer dit by vergifnis kom is daar drie belangrike goed vir my hart om vrede te hê, vir my liggaam, siel en gees om in harmonie te wees: Ek is vergewe, Ek vergewe die wat my te na gekom het, maar bowenal, ek vergewe myself! Wanneer dit by self-vergifnis kom is die toffie nogals taai om te kou. Dis groter as ‘n Wilson toffie wat jou tandstopsel uittrek, dis eintlik meer soos ‘n Nicker ball wat jou tand summier in twee breek. Continue reading “Die Rondomtalie.”

Sewentig maal Sewe.

Ek weet nie wie het wat aan jou gedoen nie. Miskien het jy ‘n hele lys van mense wat jy moet vergewe. Miskien is daar net daai een persoon wat jy nog nie reg is om te vergewe nie.

Vergifnis vir my is iets wat jy vir jouself doen en nie noodwendig vir die ander persoon nie. Onvergewensgesindheid is soos om gif te drink en te hoop die ander persoon gaan dood. Maar wie is besig om dood te gaan van binne? Die weiering om ‘n persoon te vergewe is om jouself in ‘n tronk toe te sluit en boonop die sleutel weg te gooi. Weereens, wie is in die tronk?

Jesus sê: “Nie sewe keer nie, maar sewentig maal sewe keer” (Matt. 18:22) Hoekom moet jy ander die goed vergewe wat hulle jou aangedoen het? Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Ef. 4:32) Ek en jy moet vergewe omdat ons vergewe is. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. (Kol. 3:13) Continue reading “Sewentig maal Sewe.”