Die Visrivier Canyon in Namibië, is die grootste Canyon in Afrika. Op sy breedste is die Visrivier Canyon 27km wyd en 550m diep. Gestel God sê om in die hemel te kom moet jy die 27km ver kan spring, dis die kwalifikasie. Ek het gaan kyk die verspring rekord in SA vir mans is 8.5m en vir vroue 6.93m. Ek dink ek kan seker 1.5m spring…miskien? En jy? Hoe ver kan jy spring? Die punt is niemand kan oor die Canyon spring nie, niemand kan in die hemel in spring nie. Al is jy Moeder Teresa, jy gaan dit steeds nie maak nie. Jy gaan kort spring en in die Canyon beland. Pens en pootjies.
So hoe nou gemaak? Ons het ‘n brug nodig, so maklik soos dit. Die Brug is Jesus. Jesus sê in Johannes 14:6: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie”. Jesus is die Brug, die enigste manier hoe om in die hemel te kom, daar is nie kort-paaie, om-paaie, kronkelpaaie nie. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van Sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. (Rom. 3:23) Daar is net Jesus. Continue reading “Die Brug.”

Aan die begin van die inperking lyk die dinge in ons huishouding anders as gewoonlik. Ons moet leer om spasies te deel, spasie te gee waar nodig, spasies af te staan wat eens aan jou behoort het. ‘n Hele nuwe ervaring met Tuisskool en Kantoor by die huis vir Jannie. Ons leer om meer verdraagsaam te wees, sonder enige hulp huis skoon te maak en tuinwerk self te doen. Ons eet te veel, toets te veel resepte, maar ons maak die ding werk…
Maria het aan die voete van die Here gaan sit en na Sy woorde geluiser. Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” (Luk. 10:38-41)