Die Lewerplantjie op die Vensterbank.

Ek weet nou nie van jou nie, maar my man dra nie bosse blomme aan huis toe nie. Ek het darem al twee keer blomme by hom gekry, met Baba 1 en met Baba 2. (Moenie wag vir die grappie deel nie, ek is ernstig!!) Dit maak hom nie onromanties nie, hy is romanties op ander maniere. Soos tee in die bed in die oggend voor ons albei moet opvlieg en klaar maak vir die dag. Baie drukkies, en onverwagse Whatsapps deur die dag, en woorde wat opbou nooit afbreek nie… en so dan en wan ‘n geskenk so uit die bloute soos die lewerplantjie wat hy in Nieuwoudtville se kwekery gekoop het oppad terug van ‘n vergadering.

Ek is mal oor enige vetplant, alwyn, kaktus noem dit op, dit is vir my pragtig… die lewerplantjie het ‘n ereplekkie gekry op die vensterbank in my kombuis. Ek het bietjie gaan oplees oor die plantjie dat ek nou nie die arme plantjie binne ‘n week verdrink of laat doodgaan van te min water nie. Die lewerplantjie is ‘n tipe vygie, met twee blaartjies, gehard en hy blom daar waar hy geplant word. Oorlewing is sy ding… ook maar goed! Continue reading “Die Lewerplantjie op die Vensterbank.”

Die Oorlog in my Kop.

In my twintigs was die geraas en die oorlog in my kop iets verskrikliks, dit was ‘n gespartel van epidermiese proporsies soos Oubaas altyd gesê het. Ek erken ek het eenvoudig nie die vermoë om aan NIKS te dink nie… dit is letterlik onmoontlik. My liewe man, en ek vermoed dis ‘n alle -man ding, kan wraggies aan niks dink… ek is so jaloers dat ek nie ‘n niks-boksie het nie.

Soms is daar ‘n hele ander wêreld van wat asse en sê nou maars in jou kop, jy maak oorlog met mense en dis so ver van die realiteit af en natuurlik is jy altyd reg! Dis ‘n gevaarlike plek om te ‘leef’. As jong getroude het ek soms so oorlog gemaak met my man in my kop, en ai as die arme siel by die deur in stap is ek klaar op die oorlogspad, oor goed wat in my kop gebeur het. Dis nie gesond nie en beslis onnodig! Ek het die ander dag ‘n oulike profile pic gesien. Dit het gesê: Don’t believe everything you think! Uitstekende raad. Continue reading “Die Oorlog in my Kop.”

Liewe Ek…

Sou jy vir my geluister het, die 18 jarige meisie-nog-vrou vol wysheid wat alles weet en die wêreld reeds oorwin het? Ai het jy maar net geweet wat ek nou weet sou die lewe miskien ‘n bietjie makliker gewees het. ‘n Bietjie eenvoudiger.

Leef voluit, leef doelgerig, jaag jou drome na, vreesloos. Drome wat van God af kom is so die moeite werd om na te jaag. Ons almal leef op geleende tyd, genade tyd. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Laat geloof, hoop en liefde die kompas wees op jou lewenspad. Die rigtingwyser.

Moenie te trots wees om te sê:  Ek was verkeerd, ek is jammer nie. Vergewe vinnig en finaal vir jouself en nie vir die ander persoon nie. Los die ou koeie in die sloot. Leef in die hede, leef vir die hier en nou. Vergeet die verlede en konsentreer minder op die wat asse en sê nou maars. Continue reading “Liewe Ek…”