Wanneer die Spaghetti op die vloer val.

Aan die begin van die inperking lyk die dinge  in ons huishouding  anders as gewoonlik. Ons moet leer om spasies te deel, spasie te gee waar nodig, spasies af te staan wat eens aan jou behoort het. ‘n Hele nuwe ervaring met Tuisskool en Kantoor by die huis vir Jannie. Ons leer om meer verdraagsaam te wees, sonder enige hulp huis skoon te maak en tuinwerk self te doen. Ons eet te veel, toets te veel resepte, maar ons maak die ding werk…

Ons moes ook so bietjie huis reëls verander, huiswerk bietjie deel, maar die girls vat die verandering soos champs en elke outjie doen sy deeltjie. Soms onder protes en met teëstribbeling, maar meeste van die tyd wen ek en dinge gebeur darem so min of meer soos dit moet. Continue reading “Wanneer die Spaghetti op die vloer val.”

Wees Jy net Jy!

Maria het aan die voete van die Here gaan sit en na Sy woorde geluiser. Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” (Luk. 10:38-41)

Jou naam sê baie van jou, wie jy is, waarvoor jy staan. Gaan soek bietjie die betekenis van jou naam op,  jy sal verstom wees hoe akkuraat dit is. Martha beteken: vrou van die huis. Huisvrou? Sien wat ek bedoel? Nou spot ek sommer met myself, maar ja ek glo daar is krag in jou naam. Many moons ago toe ek nog op skool was het ons so oulike varkhondjie gehad. Ons besluit toe om die varkie Problems te noem… Ai! Al wat ek kan sê hy het elke dag seker gemaak dat hy die betekenis van sy naam ten volle en met oorgawe uitleef. Continue reading “Wees Jy net Jy!”

Af-kop-hoender-dae.

Dankie Kleinsus vir die mooi hoendertjies.

Het jy sulke dae? Die weet nie-waar-om-te-vat en waar-om-te-los dae. Of jy kom of gaan dae? Wat jy op jou merke gereed gaan, uit die bed spring en net gaan, gaan, gaan… Soos die Energizer hasie. Nou daai daggies het ek my af-kop-hoender-dae gedoop. Hulle sê, en ek het dit gelukkig nog nooit self gesien nie, as mens ‘n hoender se kop afkap sal hy net in ‘n rigting inhol…

Ek het ook vir myself begin sê dis okay om so nou en dan sulke dae te beleef, maar dan moet ons ook eerlik wees dat as elke dag ‘n af-kop-hoender-dag is dan gaan jou liggaan skoon vir jou siel weghardloop en jy gaan permanent buite beheer voel. As jy permanent buite beheer voel kom die ander ou emosies soos angs en paniek natuurlik in tou agterna… en dan volg geirriteerd en kortaf en uiteindelik slaaploosheid en siek-voel soos ‘n stout, moedswillige boetie. Continue reading “Af-kop-hoender-dae.”