Voor mens trou het mense mos opinies, ‘goed bedoelde’ waarskuwings en die mees ontoepaslikste raad, een van die wat ek na 22 jaar steeds onthou is: Trou is nie perde koop nie. Ek het dit nie toe geglo nie, ek glo dit beslis ook nie nou nie. As jy die maat trou wat vir jou bestem is, die maat wat jou hart verstaan, dan is dit ‘n leeftyd van vreugde en soms ‘n klein sakkie sout…
Kinders kry… nou daai is ‘n perd van ‘n ander kleur. Sover, en ek leer elke dag nog, het die girls my geleer om nederig te wees. Net soos jy dink jy het die ma-ding onder die knie, dan verander ‘n tween na ‘n teen of ‘n bom bars op die onverwagse, mees ongeleëste tyd. Continue reading “‘n Perd van ‘n ander kleur.”

Kan ek maar die uitdrukking: Geraamtes in jou kas gebruik? As jy geen sonde het waaroor jy skaam is nie, waarmee jy sukkel, waaroor jy struikel nie, dan hoef jy nie verder te lees nie. As jou geraamte kas dolleeg is, is jy so naby aan perfek soos kan kom… en as jy gelukkig net van die ‘Klein Sondetjie Afdeling’ sondetjies het, dan is jy okay! Nee ek grap net, daar bestaan nie so persoon nie, en nog minder kan jy sondes in kategorieë in deel van groot na klein, bitter erg na gangbaar. Sonde is sonde. Punt. Einde van die storie.
(Opgedra aan my regte egte Ma en my ander Ma)