Die Hart van ‘n Pa.

‘n Pa is gemaak van beton, spiere, ‘n sagte hart vol jellybeans en ‘n growwe stem. Hy is met gare van genade aanmekaargewerk deur God homself. ‘n Pa trek sy insipirasie van sy Pa in die hemel. Na hom kyk hy op vir wysheid, geduld, onvoorwaardelike liefde en medelye. Hy volg letterlik sy Hemelse Pa in die te groot voetspore wat Hy agterlaat.

Soms verdwaal ‘n pappa in sy eie wêreld en menswees, ‘n wêreld waar hy sy niks-boksie oopmaak en aan… niks dink nie. Dieselfde wêreld waar hy soms onbevoeg en onopgelei voel vir die reuse taak van Pa wees, maar nooit te lank nie. Continue reading “Die Hart van ‘n Pa.”

‘n Aäron en ‘n Hur.

Ek weet die volgende van Moses. As babaseuntjie van 3 maande was hy veronderstel om in die water te beland toe maak sy ma ‘n plan en hy land op die water, en oorleef. Hy was die belangrikste Profeet in die Bybel, een van die main manne. Hy het die Here persoonlik geken. (Deut. 34:10) Die Here het direk met Moses gepraat, soos ‘n man met sy vriend. (Eks. 33:11) Die Here was Moses goedgesind en het vir Moses op die naam geken. (Eks. 33:17) Hier was  verhouding, ‘n persoonlike, intieme verhouding…

Maar tog, toe die Amalekiete by Refidim teen Israel kom veg het, het Moses op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God hom gegee het in sy hand. (Eks. 17:9) Dit het goed gegaan daar doer onder met die geveg, terwyl Moses se hande uitgestrek was in gebed met die kierie in die een hand. Dit begin toe bietjie lol, want Moses is nie meer jonk nie, hy is al bietjie aan die ou kant en sy arms raak lam, soos die moeë arms grond se kant toe sak, dan wen die Amalekiete weer bietjie… Continue reading “‘n Aäron en ‘n Hur.”

Ek is Gelukkig en Hy is Getroud.

Jannie vertel graag vir almal wat wil luister dat ons gelukkig getroud is, ek is gelukkig en hy is getroud. Ai, bou nou ‘n nasie met so ‘n volk! Nietemin, ons is regtig gelukkig getroud. Daar is plakker in ons kamer opgeplak wat sê: So nou en dan, te midde van ‘n ordinêre lewe, gee die LIEFDE ons ‘n SPROKIESVERHAAL. Ek lewe ‘n sprokie met my Prince Charming.

Vir my is die belangrikste aspek van enige huwelik om waaragtig, onvoorwaardelik lief gehê te word. Die soort liefde wat God vir ons het. Agapé liefde: liefde ten spyte van foute, misverstande, verskille in sienings. Ons wil weet en hoor: Ek het jou liewer as die lewe self, jy is my alles. Wees almal eengesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig.  (1 Pet. 3:8) Om verseker te weet, jy het ‘n veiligheidsnet, hande wat keer as jy val, iemand wat jou kant kies (al is jy soms verkeerd). Iemand wat jou lief het net soos jy is, wat nie op subtiele en minder subtiele maniere probeer om jou te verander nie. Continue reading “Ek is Gelukkig en Hy is Getroud.”