Gods water oor Gods akker.

Die Franse sê: Que Sera, Sera. Die Engelse sê: What will be, will be. Ons boere volkie sê: Gods water oor Gods akker. My tieners sê: Whateva. Dis ‘n skouer ophaal houding van verontskuldiging.

God sê: My kind, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. (Spr. 2:2-3) God het vir ons elkeen ‘n mooi brein gegee gevul met pragtige grysstof en nog ‘n linker en regter hemisfeer ook daarby.

‘n Komplekse dink-orgaan, ‘n brein wat kan redeneer en soms hopeloos te veel argumenteer ook! Saam met die mooie brein wat Hy vir ons gemaak het is daar boonop nog ‘n ope uitnodiging daarby: “As jy wysheid kortkom liewe kind, vra dit van My, en Ek sal dit aan jou gee sonder voorbehoud en sonder verwyt.” (Jak. 1:5) Hierdie brein is ook goed met verskonings uitdink wat absoluut niks met wysheid te doen het nie. Continue reading “Gods water oor Gods akker.”

Wat jy saai sal jy maai.

Opgedra aan my oudste dogter op wie ek so verskriklik trots is!

Man, ek is lief vir hierdie aanhalinkie: Wat jy saai sal jy maai. Daar is ‘n versie in die Bybel wat maar op dieselfde beginsel fokus. For what you plant will always be the very thing you harvest. (Gal. 6:7 TPT) Dis lekker om hierdie aanhaling te gebruik so deel van ‘n dreigement, So met die lig van ‘n wenkbrou: “Ja-nee, wat jy saai sal jy maai. Die ander aanhaling wat ek ook graag gebruik is: “As jou kop dom is sal jou lyf suffer…” Selfde saai-maai beginsel.

Toe ousus hier einde graad 9 se koers kom, het daar ‘n reusagtige kopskuif plaasgevind wat nie ek of manlief voor krediet kan vat nie. Sy het besluit sy gaan by Maties studeer en dat sy in ‘n koshuis gaan bly. Keuring vir koshuis is woes, maar ousus het net besluit sy gaan haar sokkies ekstra hoog optrek en hard werk. Continue reading “Wat jy saai sal jy maai.”

Leeu van Juda.

Lank lank gelede toe ek 10 jaar oud was, net na my oupa se afsterwe, het ek een nag ‘n verskriklike droom gehad wat ek tot vandag toe onthou! Die dood van my oupa was traumaties, ek was bitter lief vir hom en as klein dogtertjie was ek bietjie kwaad vir God… daar was baie kleinkinders wat niks van hulle oupas gehou het nie, hoekom het Hy my oupa kom haal…?

Iedergeval, ek droom die nag ek staan in die gang van my grootword-huis met my rug teen die muur en voor my staan ‘n vieslike leeu, groot, vol merke van vorige gevegte. Sy oë is vol dood en haat… vir my. Hy stap met afgemete treë nader en nader… En ek weet dat ek weet, ek is in groot moeilikheid, hy gaan my verskeur en opvreet tot daar net ‘n bloedkolletjie en ‘n paar skoongevrete bene oorbly. Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. (1Pet. 5:8-9) Continue reading “Leeu van Juda.”