U is vir my en nie teen my nie, dit weet ek met sekerheid. U is my God, soos U die God van Abraham, Jakob en Isak is. Dis persoonlik.
U is daar in my huil en in my lag, in my droefheid en in my vreugde. U is lankmoedig, geduldig met my en vol liefde. U is genade. U is ‘n jaloerse God, U is ‘n verterende vuur wat onverdeelde trou vereis van my. (Deut. 4:24)
Here wanneer ek verlate, eensaam en alleen voel weet ek dat ek weet, omdat U is, kan ek net wees. U is my Vrede, wat emmers vol genade oor my hoof uitstort. Ek verdien niks van U goedheid en guns nie, maar tog dis U wat my by ‘n feesmaal laat aansit terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, kompleet asof ek iemand belangrik is, U oorlaai my met U hartlikheid. (Ps. 23) Continue reading “U is…”

Ek hou van vrede. Vrede in my huis. Vrede in my huwelik. Vrede tussen die kinders. Vrede met myself. Ek noem dit sommer self-vrede. Wanneer jy vrede maak en het met jouself. Wie jy is, hoe jy lyk, waarvoor jy staan. Vrede met ander… en nie net mense vir wie jy lief is nie. Almal… mind you dis nogals ‘n belangrike opdrag van Bo. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. (Rom. 12:18)
Vraag of stelling? Sommige dae is dit vir my ‘n stelling, maar ek vermoed die meeste dae meer ‘n vraag, maar weet jy wat my liewe vriendin ons moet daarnatoe werk dat dit maar eerder altyd ‘n stelling is en nooit meer ‘n vraag nie. Dat ons onsselwers sal vind, sal weet wie ons is. Dat ons wie ons is minder sal bevraagteken en weet dat ons weet … deur die genade van God is ek wat ek is… (1 Kor. 15:10)