‘n Tannie stuur die anderdag vir my die mooiste woorde: ‘Die meetsnoere het vir jou in lieflike plekke geval.’ Ek lees dit vir manlief en sê-vra of dit nou nie die mooiste ietsie is wat hy al gehoor het nie? Ek weet nou nie presies wat dit beteken nie, maar dis darem net so mooi.
Nou loop en wonder ek waar staan dit en wie het dit geskryf. My nuuskierigheid kry die oorhand en ek gaan vra vir Mnr Google, wat naas my alles weet! En wraggies daar kry ek dit in die Groot Boek. Dawid het dit geskryf in Psalm 16:6 (1953) Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. Continue reading “Meetsnoere.”

My man moes bietjie Duitsland toe gaan vir werk. Vir ‘n hele 6 slapies… dis te lank vir my… so tussen die pak en regkry en laaaang afskeid neem sê ek, ek voel so halfies as jy weg is. Hy vra: “Hoekom is jy half vies?” ‘n Vassit kan darem lekker maklik gebeur as mens nie oop kommunikasie kanale het nie…Nietemin, net ‘n observasie… so terug na die halfies…
Ek hou van foto’s neem. Wat ek nie van hou is om ‘n foto met ‘n selfoon te neem… ek is ook nie baie goed met die selfoon foto nemery nie. So neem ek die ander oggend vir manlief ‘n selfie- werk verpligtinge het hom na ‘n ander provinsie gevat- darem nie ‘n vreemde land nie.