Jy is nie Waardig nie.

Soos die Ingelsman sê: “Bear with me!” Toe ek die woorde hoor: “Jy is nie waardig nie!” het ek myself eers asvaal geskrik en toe my ore gespits, dalk moet jy dit ook vanoggend hoor. God moes ‘n skoon bladsy voor my neus kom inskuif, want sien Hy moes dit vir my van vooraf kom verduidelik het… na al die jare se hoor en weer hoor, kan ek dit nou vir die eerste keer op my hart skryf en dit boonop glo.

God’s righteousness made visible through the faithfulness of Jesus Christ. And now all who believe in him receive that gift. For there is really no difference between us, for we all have sinned and are in need of the glory of God. (Romans 3:23 TPT) Hierdie was die uitveër wat die bladsy voor my oge spierwit kom uitvee het. Ek ken die versie goed, ek hou tot daarvan om die versie aan te haal, maar vir die eerste keer het die vers lewend geword. All in need… Continue reading “Jy is nie Waardig nie.”

‘n Bestuursles.

(Opgedra aan al die ma’s en pa’s met leerlingbestuurders in die huis.)

Ousus het so wyle terug haar leerlinglisensie gekry… sjoe… om kids te leer bestuur is nie vir sissies nie, dit vat senuwees van staal en baie gebed nê… vir geduld en veiligheid.

Die eerste keer wat ek moes uitklim en in die verkeerde kant moes inklim het ek en my persoonlikheid dit byna nie oorleef nie, ek is ‘n bietjie van ‘n beheer-vraat so dit som nou die situasie heel netjies op. Continue reading “‘n Bestuursles.”