‘n Skilpad is my gunsteling diertjie, of dit nou ‘n skilpad op land of in die water is… ek is mal oor skilpaaie. ‘n Skilpad lyk altyd vir my wys, en bietjie skaam, wantrouig en grasieus. Die ding met ‘n skilpad is wanneer dinge bietjie intens raak, wanneer gevaar hom in die gesig staar doen hy een van drie goed. Hy vries, onttrek of vlug. (Ek weet nie presies hoe die vlug werk nie, want ‘n skilpad is nie jy juis berug of beroemd vir sy spoed nie) Ek vermoed die rede hoekom ek so hou van die skilpad spesie is, soos ek, is sy ‘n konflik vermyder van formaat!
Skilpaaie is ook nie woes sosiaal oor die algemeen nie, hulle is meermale alleen, op hul eie aangewese. Siestog nê? Miskien is dit uit keuse of net eenvoudig hoe die Vader hulle gemaak het. Wie sal weet? Continue reading “Jy is nie ‘n Skilpad nie!”

Ek en manlief hou van stap, sommer so tussen die huise deur, dis te stadig vir oefen so dis seker eintlik meer vir suurstof en geselstyd. Ek hou daarvan om wanneer ons verby lavender stap ‘n blommetjie te kneus dan loop en ruik ek dit so tussen die gesels, of ‘n peperboom… of frangipani… of roosmaryn…
Ek sit Sondag in die kerk en ek besef ek sal al die lysies uit my kop en op papier moet kry, want dit vat tans net te veel spasie in my kop op. Dit voel mos hoeka of mens die tyd van die jaar op ‘n weghol trein klim en daar is geen sprake van afklim nie. Jy moet maar vasklou vir al wat jy werd is…