Ek lees weer die anderdag die storietjie van die verlore seun, en dis asof ek vir die eerste keer besef, daar is eintlik drie hoof karakters in hierdie gelykenis. Drie mense se lief en leed wat gedeel word.
Die seun wat uit eie keuse besluit het om verlore te raak. Hy vra vir sy Pa vir sy deel van sy erfenis. Sy erfenis wat sy identiteit is. Is dit nie amper soos om te sê: “Ek wens Pa was dood!” nie? Daar gaat hy na ‘n vreemde land en mors sy geld lekker uit. Op uitspattigheid en roekeloosheid spits hy hom toe. Continue reading “Die Verlore Seun se Boetie.”

Ek gaan laai die anderdag die girls af, maar kleinsus is laterig. Hulle is darem betyds, maar op pad huis toe sit ek so bietjie vas in die hoofstraat van Durbanville nogals reg langs die baie ou begraafplaas, staan ek eintlik botstil.
Die afgelope twee of wat dae kom die Fillipense 4:13 versie die heeltyd by my op. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Dis interessant hoe ‘n versie so kan vassteek in ‘n mens se kop en hart. So al asof jy iewers die versie in die nabye toekoms kan nodig kry. Vanoggend stap ek in die eetkamer in reg om die gordyne oop te maak. Ek wil net sê dis eintlik manlief se werk, die gordyn oop trekkery, maar nou is dit so donker soggens dat ek nie wil hê hy moet die gordyne ooptrek nie, want dit voel mos asof mense vir jou kan loer (dis nou loer oor ‘n ses voet muur).