Geknak en Gekneus.

Ek en manlief hou van stap, sommer so tussen die huise deur, dis te stadig vir oefen so dis seker eintlik meer vir suurstof en geselstyd. Ek hou daarvan om wanneer ons verby lavender stap ‘n blommetjie te kneus dan loop en ruik ek dit so tussen die gesels, of ‘n peperboom… of frangipani… of roosmaryn…

Jy weet vriendin, as die blommetjie, takkie of blaartjie nie geknak en gekneus word nie, word die reuk nie vrygestel nie… Olyfolie word gemaak deur heel olywe te pars. Selfde met wyn. Is dit nie soms in ons lewens ook so nie? Continue reading “Geknak en Gekneus.”

Lysies, Lysies en Nogmaals Lysies.

Ek sit Sondag in die kerk en ek besef ek sal al die lysies uit my kop en op papier moet kry, want dit vat tans net te veel spasie in my kop op.  Dit voel mos hoeka of mens die tyd van die jaar op ‘n weghol trein klim en daar is geen sprake van afklim nie. Jy moet maar vasklou vir al wat jy werd is…

Dis net voorwaarts mars, niks tyd vir mistrap of die danspassies verkeerd kry nie. Dis bitter moeilik, amper onmoontlik om nie oorweldig te voel nie, en voor jy jou kon kry, ten spyte van jou beste voornemens bly jou vrede ook in die slag. En asof dit nie erg genoeg is nie, groet geduld en gaan solank op vakansie, seewaarts daar waar jy eintlik wil wees. Vriendin is dit net ek, of is hierdie tyd van die jaar net té besig? Continue reading “Lysies, Lysies en Nogmaals Lysies.”

Uitstapdae, Vertroue en Genade Onbeskryflik Groot.

En voor ek my  oë kon uitvee het die uitstapdag van die matrieks gekom en gegaan. So ook die 12 jaar van skool, van baba liefielyf, kleuter-geite, tween-buie, tiener-dinge, net so in ‘n oogwink staan ons eersgeborene, voor ‘n nuwe deur, met die deur agter haar wat wil-wil toeslaan… ‘n deur wat geen huiwering toelaat nie, ‘n finale deur. Maar sjoe die deur voor haar is woes opwindend… sy sien uit, ons sien uit vir hierdie nuwe seisoen in ons, maar veral haar lewe.

Die laaste dag van skool neem ek my vroeg-vroeg voor dat ek nie ‘n tjankbalie gaan wees nie, ek gaan nie dáái ma wees nie, ek gaan vir my gedra en my emosies net ‘n bietjie dieper in my hartkamers indruk, vasdruk. Vir later prosessering wanneer ek die die tyd, die lus en die krag het. Continue reading “Uitstapdae, Vertroue en Genade Onbeskryflik Groot.”