Ag Nee Wat! Dis nie só Erg nie!

Om ‘n tiener ma te wees is ‘n groot voorreg, maar dit is ‘n groter verantwoordelikheid en die grootste uitdaging ooit. En ek praat nie van uitdagende tieners met stink houdings en gevaarlike monde nie, ek praat van die doodnormale tipe. Die tipe wat hier in my huis rondslinger.

‘n Mens leer mos maar vaardighede aan soos hulle groot raak en jy groei in jou rol as ma. Dit gebeur nie oornag nie, en dit gaan gepaard met foute, tweede kanse en weer probeer. Van opgee op tieners is daar egter geen sprake nie. Continue reading “Ag Nee Wat! Dis nie só Erg nie!”

Geloof in Eenvoud.

Daar is ‘n Engelse spreuk wat sê. ‘Simplicity is the essence of all beauty’. Miskien kan mens dit ook van geloof sê? ‘Simplicity is the essence of faith’. ‘n Eenvoudige geloof sonder tierlantyntjies, frille en dinge. ‘n Kinderlike, ongekompliseerde geloof. ‘n Geloof wat net glo sonder om God om elke hoek en draai te bevraagteken. ‘n Glo wat sê: Okay God, dis reg so, want U is in beheer en ek weet dat daar altyd ‘n plan is. U planne vir my is altyd by verre beter as my eie.

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! Dal sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. (Jer. 29:11-12) Continue reading “Geloof in Eenvoud.”

Jy is nie ‘n Skilpad nie!

‘n Skilpad is my gunsteling diertjie, of dit nou ‘n skilpad op land of in die water is… ek is mal oor skilpaaie. ‘n Skilpad lyk altyd vir my wys, en bietjie skaam, wantrouig en grasieus.  Die ding met ‘n skilpad is wanneer dinge bietjie intens raak, wanneer gevaar hom in die gesig staar doen hy een van drie goed. Hy vries, onttrek of vlug. (Ek weet nie presies hoe die vlug werk nie, want ‘n skilpad is nie jy juis berug of beroemd vir  sy spoed  nie) Ek vermoed die rede hoekom ek so hou van die skilpad spesie is, soos ek, is sy ‘n konflik vermyder van formaat!

Skilpaaie is ook nie woes sosiaal oor die algemeen nie, hulle is meermale alleen, op hul eie aangewese. Siestog nê? Miskien is dit uit keuse of net eenvoudig hoe die Vader hulle gemaak het. Wie sal weet? Continue reading “Jy is nie ‘n Skilpad nie!”