Die ander dag, ook al ‘n rukkie terug, ry ons as gesin iewers heen. Ek kan nie onthou waaroor die gesprek gegaan het nie, maar Ousus sê hier van agter af baie driftig eintlik, sy kan nie wag om uit die huis uit te gaan nie. Dit gaan so lekker wees. Die probleem is met ‘n ma se hart ons luister, hoor en interpreteer absoluut met ons harte. Dis al wat ons hoor, en ek vererg myself so klein bietjie, ek is nie ‘n ou wat vinnig op my perdjie spring nie, maar ek voel so bietjie te na gekom.
Gelukkig is daar mos balans in enige situasie, Pappa is gewoonlik die balans want hy is die een wat analities dink, meer met sy brein en minder met sy emosies. So sê hy, ons is bitter bly dat jy uitsien om jou eie ding te doen, om jou eie pot te krap. Dit het my so bietjie laat dink, want is dit nie die waarheid nie, maak ons hulle nie juis groot om onafhanklik te funksioneer, om op hul eie voete te kan staan nie? Verantwoordelike jong volwassenes wat hul eie keuses kan maak? Continue reading “Oor Jou Eie Potjie Krap.”


Ek is al beskuldig van Volstruispolitiek. Wat is Volstruispolitiek vra jy? Dis nie om ‘n draadsitter te wees nie, nee, dis meer om jou kop in die grond te druk en te maak of jy nie sien wat om jou aangaan nie. Dis my definisie in elk geval. Dis nie ontkenning van gebeurtenisse nie, maar eerder ‘n siening van ‘ek sien dit nie raak houding nie’. Ek stem natuurlik glad nie saam nie, ek sien baie goed te alle tye wat om my aangaan, in die ons mooie land, politiek en die wyer wêreld om ons.