Lank lank gelede toe ek 10 jaar oud was, net na my oupa se afsterwe, het ek een nag ‘n verskriklike droom gehad wat ek tot vandag toe onthou! Die dood van my oupa was traumaties, ek was bitter lief vir hom en as klein dogtertjie was ek bietjie kwaad vir God… daar was baie kleinkinders wat niks van hulle oupas gehou het nie, hoekom het Hy my oupa kom haal…?
Iedergeval, ek droom die nag ek staan in die gang van my grootword-huis met my rug teen die muur en voor my staan ‘n vieslike leeu, groot, vol merke van vorige gevegte. Sy oë is vol dood en haat… vir my. Hy stap met afgemete treë nader en nader… En ek weet dat ek weet, ek is in groot moeilikheid, hy gaan my verskeur en opvreet tot daar net ‘n bloedkolletjie en ‘n paar skoongevrete bene oorbly. Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. (1Pet. 5:8-9) Continue reading “Leeu van Juda.”

U is vir my en nie teen my nie, dit weet ek met sekerheid. U is my God, soos U die God van Abraham, Jakob en Isak is. Dis persoonlik.
Ek hou van vrede. Vrede in my huis. Vrede in my huwelik. Vrede tussen die kinders. Vrede met myself. Ek noem dit sommer self-vrede. Wanneer jy vrede maak en het met jouself. Wie jy is, hoe jy lyk, waarvoor jy staan. Vrede met ander… en nie net mense vir wie jy lief is nie. Almal… mind you dis nogals ‘n belangrike opdrag van Bo. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. (Rom. 12:18)