Oggend en Aand Praatjies.

Woorde is nie net woorde nie. En jy kry baie woorde… Woorde wat heel, woorde wat breek en dan is daar net woorde, woorde wat net die spasies opvul. Net sommer woorde. Toe kom ek op die versie af … ‘n Gelowige se woorde is soos ‘n fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad. (Spr. 18:4 Die Boodskap) Miskien moet ek en jy nuut dink oor woorde, want ‘n gelowige se woorde moet soos ‘n fontein wees en moet bemoedig, vertroos en rigting aanwys.

Die fontein waaruit die woorde spruit dui die toestand van jou hart aan. As jou gedagtes vol negatiwiteit is sal jou woorde negatief wees. As jou hart vol vrede is sal jou woorde ooreenstemmend wees, want waarvan die hart vol is loop die mond van oor. Continue reading “Oggend en Aand Praatjies.”

Om in Stilte te Ly…

Daar is ‘n aanhaling wat sê, as jy lag, lag die wêreld saam met jou, wanneer jy huil, huil jy alleen. Ek dink daar steek miskien ‘n bietjie waarheid  in. Mense kan jou dalk in die steek laat. Maar God sien elke traan raak: You’ve kept track of all my wandering and my weeping. You’ve stored my many tears in your bottle-not one will be lost. For they are all recorded in your book of remembrance. (Ps. 56:8 TPT) Mens bêre en onthou nie onbelangrike goed nie. Jou trane is kosbaar in die oë van jou Here. Jou trane is ‘n gebed wat reguit hemel toe gaan.’n Gebed sonder woorde. ‘n Gebed van die hart.

Ons almal gaan deur tye wat bietjie moeiliker is as ander tye, ons almal ly soms so bietjie in stilte. Die lewe is nie altyd ‘n lied nie, soms kruip daar ‘n paar vals note en melodieë in. Dit kan onmoontlik nie altyd goed gaan met my en jou aan die kant van die hemel nie. Continue reading “Om in Stilte te Ly…”

10 Lesse om ‘n Kleuter in Een Stuk Groot te kry.

 

As ons regtig eerlik is met mekaar, as daar nou een spesie is wat jou nederig hou met jou voete stewig geplant op moeder aarde dan is dit beslis ‘n kleuter. Net soos jy dink jy het die ma-ding nou lekker onder die knie, net soos jy op kom vir asem, dan het hulle ‘n splinternuwe toertjie in die mou…vertrou gerus ‘n kleuter om jou op jou tone te hou. Veral binne die Spar, ek weet nie wat is dit met ‘n Spar nie!

My kinders het so baie van mekaar verskil. Wat vir ousus gewerk het, het glad nie vir kleinsus gewerk nie. Verskillende boompies en temperamente maak dat ‘n ‘een grootte pas almal’ benadering hoegenaamd nie werk nie, maar daar is tog ‘n paar goedjies wat ononderhandelbaar is as jy jou kleuter in een stuk wil groot kry. Continue reading “10 Lesse om ‘n Kleuter in Een Stuk Groot te kry.”