Ek sê maar net…

Jy mag nie loop en skinder nie, jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here. (Lev. 19:16)

Skinder is ‘n gevaarlike besigheid… Daar is ‘n paar sinsnedes waarmee ek en jy liefs nooit ‘n gesprek moet begin nie. “Ek sê maar net…”, “Ek wil nou nie skinder nie…”, “Net tussen my en jou…”, “Moet vir niemand sê nie…”, “Het jy gehoor?”. Ons is almal skuldig en dis iets waaraan ‘n mens lekker hard moet werk. CJ Langenhoven het gesê: By die een oor in en by die ander mond uit.

Praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (Ef. 4:29)

Laat die aanhoorders van jou woord kan sien aan wie jy behoort. Laat jou woorde opbou, nooit afbreek nie. Laat jou woorde gebreekte harte help genees. Dis beter om ‘n hart sonder woorde te hê as woorde sonder ‘n hart. (John Bunyan) Continue reading “Ek sê maar net…”

Frustrasies, Goedheid en Guns… en Oorwinning.

Die laaste paar weke van die vorige jaar was vir my besonders rof, baie rowwer as die gewone einde van die jaar dramas en dinge. Ek kan dit nie eers probeer ‘sugar coat’ nie. My lyf het die spanning en ongemak van verandering sonder toestemming gevoel. Dinge wat andersins geen effek moet hê nie dryf my teen die mure uit. Die gesukkel (onnodig) met tegnologie en dinge waarvan ek min tot niks weet nie, het ongekende frustrasies tot gevolg.

Ek het vir ousus ‘n paar hangers bestel om die min klere spasie van die Universiteits-koshuise beter te bestuur. Ek het dit meer as betyds bestel want ek weet mos pakkies van oorsee word maklik vertraag. Wonder bo wonder kom die pakkie bo verwagting vinnig in Suid-Afrika aan en daar stop dit toe a.g.v ‘servers wat crash’… lang storie… Continue reading “Frustrasies, Goedheid en Guns… en Oorwinning.”

Die Offer.

‘n Week of wat terug besef ek half paniekerig dat Paasnaweek om die draai is, die winkels is vol paashase, ore en ‘n magdom verskeidenheid hol eiers. Ek wil darem net iets gepas skryf oor hierdie belangrikste tyd op die kalender. En ek loop vir dae rond… met niks… geen gedagtes… geen inspirasie… ek dink aan klompie opsies maar niks voel lekker reg nie, voel so al of dit pure eie gedagtes is, geen Gees-geinspireerde aha oomblikke wat ek kan vasvang op papier nie.

Vanogged gryp twee woorde my hart aan: Die Offer. Dis al. Dis dit… maar dis nie al nie… is dit? Dis nie dit nie… dis alles. ‘n Besef slaan my teen die kop en ek voel sommer ‘n oomblikkie skoon van balans af. Vriendin, ek kom tot die skokkende besef, as ons Jesus nie die pad van smart en lyding gestap het nie, nie namens ons tree vir tree aangesukkel het deur stofstrate, met ‘n jillende, bloedortstige mensdom wat Sy lewe eis nie. As Hy nie gestrompel-val het na kopbeenplek nie, moeg en stukkend, dan was dit my en jou uiteinde. Duisende-miljoene mense wat aan growwe houtkruise hang so ver die oog kan sien. Wat betaal vir sonde op sonde op sonde… Continue reading “Die Offer.”